Soveel as 92% van afgestudeerde studente wat onlangs deelgeneem het aan ʼn navorsingstudie meen dit is die moeite werd om self verantwoordelikheid vir jou studiegelde te neem – selfs al betaal hul nog self aan hul studies af.
Alles vir Dinsdag 14 Augustus 2018
Beheer oor jou denke kan jou help met sukses
Hoe en wat ons dink, het ’n geweldige invloed op ons verstandelike, emosionele en selfs fisieke welsyn, sê dr. Caroline Leaf.
Polisie fynkam toneel ná skrywer se dood
Mark Minnie se seun het vroeër vandeesmaand gesê sy pa het hom in iets begewe wat sy dood kan beteken.
Vroue betoog woordeloos by Ramaphosa-toespraak
Drie vroue het Dinsdag stil protes aangeteken in ʼn saal waar pres. Cyril Ramaphosa ʼn toespraak gelewer het tydens die bekendstelling van ʼn inisiatief om aandag te gee aan die gebrek aan sanitasiegeriewe by die land se armste skole.
Uitdrukking: Iemand ʼn streep trek
Om iemand ‘n “streep te trek” beteken om iemand ‘n poets te bak. Maar waar kom dit vandaan? Taaltoffie stel ondersoek in.
Papegaai vloek haar redders
ʼn Papegaai wat op ʼn dak vasgekeer was, het brandbestryders kru taal toegesnou toe hulle haar wou red.
Henri van Breda hoor dan oor appèlaansoek
Van Breda se vriendin, Danielle Janse van Rensburg, het Dinsdag se hofverrigtinge bygewoon.
Tukkie eindelik wakker ná motor haar tref
Adel het nog ’n lang pad vorentoe, maar “sy is ’n baie sterk mens”.
Foto’s: Drie sterf in gru-botsing
“Die trefslag so erg dat die voertuig in twee geskeur het.”
Luister: Egpaar wil inspireer met hul sang
“Nadat Liezel en haar twee kinders se pad met tragedie gekruis het, het hulle saam besluit om ’n nuwe begin te maak.”
‘Sê net vir my waar my kind is’
“Dit is so ongelooflik frustrerend dat hy weier om te sê waar my kind is.”
Hooper en Pocock gee Wallabies ‘n kans
Daar heers is ’n effense ongemaklikheid in die All Blacks-rugbykamp oor Saterdag se Rugbykampioenskap-toets teen die Wallabies in Sydney.
Help Afrikaanse jongmense om hul volle vermoë te verwesenlik
Goeie opleiding bly die beste belegging wat in die nuwe geslag se toekoms gemaak kan word.
Moontlike redes vir die rand se 10%-verswakking
Wêreldmarkte het Maandagoggend swakker geopen nadat onsekerheid oor die Turkse lira toegeneem het. In die proses het die rand tot sy swakste vlak in twee jaar gedaal nadat dit in een stadium met bykans 10% gesink het.
Skenk ʼn skoenboks hierdie Kersfees en maak ʼn kind se hart bly
Vanjaar se projek het reeds afgeskop en lesers kan nou die Santa Shoebox-webwerf besoek om ʼn skoenboks (of twee) gevul met geskenke, te beloof.
Springs-gruwelhuis: Ouers hoor dán hul lot
Die ma sou aanvanklik ʼn staatsgetuie wees, maar wou toe nie teen haar man getuig nie.
Skoleondersteuningsentrum wil só uitdagings in Afrikaanse onderwys pak
Dié organisasie wil ook hulp aan ander vennote verleen om ʼn volledige private Afrikaanse onderwysaanbod te ontwikkel.
Werk oorsee: Hoe dit voel om terug te wees
Ek was opgewonde, maar baie meer skepties en eerder huiwerig as optimisties – ʼn mens hoor gereeld van onbetroubare skole oorsee, veral in die onbekende Ooste … Lees Willem D Smit se positiewe ervaring oor sy tyd in China.
Die nasionale minimumloon se katastrofiese impak op die Suid-Afrikaanse jeug
Ons stel voor dat die minimumloon, as dit dan nou moet geld, slegs van 24-jarige ouderdom af geld. Hierdie voorstel sou werkgewers wat tydelike poste of geleenthede vir ongeskooldes het, aanspoor om jongmense aan te stel.
AfriForum/Zoeloe-bondgenoodskap ’n teenvoeter vir isolasie
AfriForum is vasberade om te verhoed dat Suid-Afrika dieselfde pad as Venezuela en Zimbabwe loop en sal daarom sy veldtog teen onteiening sonder vergoeding – plaaslik en internasionaal – verder verskerp. Die organisasies sal terselfdertyd voorgaan om gesonde verhoudings en wedersydse erkenning en respek tussen kultuurgemeenskappe in Suid-Afrika te bevorder.