“Hierdie jongste verwarring wat deur AfriForum geskep word, en wat volg op hul oorsese veldtog om negatiewe gevoelens teenoor Suid-Afrika aan te wakker, is ʼn vorm van sabotasie.”
Alles vir Dinsdag 14 Augustus 2018
Saru-besnoeiing: Luiperds tree drasties op
Die SA Rugbyunie (Saru) se inkorting van sy geldbydrae aan die kleiner bonde het die Luiperds tot drastiese optrede genoodsaak, wat wis en seker wyer in Suid-Afrikaanse rugby sal uitkring.
Leerder geskors ná video op sosiale media versprei
Op die video, wat sedert verlede week wyd op sosiale media versprei word, kan onder meer gesien word hoe die seun naderstap en die onderwyser uitlokkend onder sy ken vryf.
Kommer oor toename in waterverbruik in Kaapstad
Augustus is ’n uitdagende maand vir Kaapstad, met sommige gebiede wat net ’n kwart of hoogstens ’n derde van dié gebiede se langtermyn- gemiddelde reënval ontvang.
Nasionale Gesondheidsversekering ‘sal voortgaan’
“Hulle sê ‘hierdie arm mense gaan baie duur wees en ons kan nie die NGV bekostig nie’ en hulle wil bly by net 16% van mense wat op ʼn mediese fonds is.”
Ramaphosa reageer op NVG-hofbeslissing
Die konstitusionele hof se beslissing hou verskeie gevolge in.
Nuuskommentaar: Was AfriForum reg oor lys?
Wie was reg oor die bekendmaking al dan nie van die beweerde lys van plase wat glo vir beslaglegging sonder vergoeding geoormerk is?
Bird Island-skrywer dood gevind
Die boek Die seuns van Bird Island het opslae veroorsaak nadat dit verlede week bekendgestel is.
Resep: Ryspoeding
Dié vrugtegeurige ryspoeding is ʼn wenner!
Groot kommer oor die bestuur van pensioenfonds vir staatsamptenare
As die fonds omvangryke skade aangedoen word, sal dit baie groot implikasies van die hele land inhou, en katastrofies vir meeste staatsdienspensionarisse wees. In teenstelling met die valse gerustheid, is daar tans heelwat negatiewe publisiteit oor die fonds in die media.
Vier vra borgtog ná moord op elektrisiën
Petrus Scholtz (70) se liggaam is op 19 Julie in bosse langs ʼn pad in Fairview gekry. ‘n Ma, haar twee volwasse kinders en nog ‘n man is in hegtenis geneem.
Middelklas krimp, verbruikers verkeer onder finansiële druk
Nog raad van Roets was dat verbruikers nie skaam hoef te voel om ’n skuldberader te nader nie. Hy sê skuldberaders kan verbruikers met die nodige raad voorsien om struikelblokke en hindernisse vroegtydig raak te sien.
Vandag se sportnuus
Op die internasionale rugbyfront begin die Rugbykampioenskap komende naweek terwyl die Curriebeker-kompetisie Vrydag afskop. Die Bokke speel Saterdag in Durban teen Argentinië.
Bylmoorde: Van Breda terug in hof vir appèlsaak
Henri Van Breda is vroeër tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die wreedaardige aanvalle op sy gesin.
Man in hof ná bedrog op afspraakwebtuistes
Een van die slagoffers is glo van Australië. Volgens die Valke is die sindikaat se modus operandi altyd dieselfde.
Man vas ná vrou se ‘mensehandel’-nagmerrie
Wat net ʼn vriendelike besoek aan ʼn vriend van ʼn vriendin sou wees, het vir ʼn jong vrou van Kaapstad in ʼn vyf maande lange hel van mensehandel, dwelmgebruik en prostitusie ontaard.
Man glo in polisiesel ‘doodgemartel’
Toe die oorledene se familie hom by die polisie as vermis aangemeld het, het die polisiebeamptes aan hulle gesê die man is nog dieselfde dag vrygelaat nadat hy deur die polisie ondervra is.
Gedagte vir die dag: Geloofskrisis: Preek of vergaan
Maak jou gereed en gaan na die groot stad Nineve. Dra die oordeelsboodskap wat Ek jou gegee het aan hulle oor. (Jona 3:2)