Die Westelike Provinsie kom Donderdag voor die strafste toets in die twee wedstryde op sy Franse besoek te staan.
Lees meerAlles vir Woensdag 15 Augustus 2018
SA’ner is wel in Duitsland gehelp, sê departement
Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het Woensdag gesê hulle het kontak gemaak met ʼn Suid-Afrikaanse burger wat in Duitsland in nood verkeer, en gesê berigte dat die departement versuim het om te reageer, is misleidend.
Ons het goeie vordering gemaak in Marikana, sê Lonmin
Die platinumvervaardiger Lonmin het gesê hy het beduidende vordering gemaak om gestand te doen aan sy toewyding tot die Marikana-gemeenskap.
Magaqa-fluitjieblasers vrees hul lewe, sê openbare beskermer
Twee fluitjieblasers in die Sindiso Magaqa-moordsaak is blootgestel aan ʼn moontlike sluipmoordaanval, weens nalatigheid deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens, aldus die openbare beskermer Busisiwe Mkhwebane.
Man in hof oor bomdreigemente
ʼn Man wat in hegtenis geneem is in verband met ʼn toestel wat soos ʼn bom lyk wat vroeër vandeesmaand by die Taqwa-moskee in Vereeniging, Gauteng, geplant is, sal Donderdag na verwagting aansoek doen om borgtog.
Man gevonnis oor drie bejaardes se moord
Kershwin Goldstone (28) is Woensdag in die Pietermaritzburg-streekhof gevonnis in verband met die moord op drie bejaarde persone, tussen 88 en 92 jaar oud.
Kommer oor Mantashe se grondplafon van 12 000 hektaar
Organisasies het hul kommer uitgespreek oor Gwede Mantashe, voorsitter van die ANC, se uitlating dat ʼn beperking op grondeienaarskap ingestel moet word. Boere sal volgens dié bepaling tot 12 000 hektaar grond beperk word.
Veearts sterf tydens Queenstown-helikopterongeluk
Een persoon is dood en een beseer toe ʼn helikopter Woensdag in ʼn wildreservaat naby Queenstown in die Oos-Kaap neergestort het.
ToekomsVenster: Bid ’seblief ook vir my!
Om vir ander te bid is ’n voorreg en ’n opdrag. Bid vir alle gelowiges.
Gordhan takel ouditberoep
Gordhan het hom daartoe verbind om die staatsbeheerde maatskappye binne die volgende ses maande te stabiliseer, dit oor die volgende twee jaar te hervorm en dit daarna strategies te rig vir die toekoms.
Man dood gevind ná hy glo vriendin vermoor, vrou aanrand
Hy is in ʼn plas bloed aangetref met die vuurwapen wat langs hom gelê het.
Sendeling in Centurion met panga aangeval
“Ek het tydens die aanval die Here se teenwoordigheid by my beleef.”
Die wêreld in foto’s – 15 Augustus 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Demografieverslag: Afrikaanssprekendes meer as sewe miljoen teen 2031
“Afrikaners en Afrikaans is hier om te bly en as ʼn mens dit eers besef, dan begin dit belangrik word om te bou aan ʼn langtermyntoekoms.”
Pa ‘probeer normale lewe lei’ ná aanranding, weke in koma
“As dit wat gebeur het hom regtig gepla het, sou hy al lankal jammer gesê het.” Kyk ook hier na die briefie wat die voormalige o.20-Blou Bul-rugbyspeler glo na die tyd geskryf het.
Cheetahs kry nuwe trui vir Pro14
Die Cheetahs het Dinsdagaand hul twee truie bekendgestel wat in die Pro14-reeks gedra sal word en terselfdertyd is bevestig dat die Vrystaat Cheetahs steeds in hul tradisionele truie in die Curriebeker-reeks sal speel.
Raadslid, 4 ander vas ná moord op ANC-raadslid
Volgens die polisie is een van die verdagtes tans ʼn lid van Knysna se munisipale raad.
SA Express vlieg teen volgende week weer
Die staatsbeheerde lugdiens SA Express sal weer teen volgende week vliegtuie in die lug hê, het Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, Woensdagoggend aangekondig.
TV-kokkedoor sterk aan ná 4-uur-operasie
Opgewek en komies, soos kykers hom in die kykNET-werklikheidsreeks Kokkedoor leer ken het, sê hy hoewel hy baie pyn het ná die operasie, is hy vol hoop en steeds positief – al sal hy sodra hy genees het van voor af moet leer loop.
Seun pleeg selfmoord ná skoolbestuur hom glo ‘boelie’
ʼn Ondersoek is van stapel gestuur na die dood van ʼn hoërskoolleerder van KwaZulu-Natal nadat bewerings aan die lig gekom het dat die seun homself om die lewe gebring het nadat hy glo deur die skoolbestuur geboelie is.