“Dit is ironies dat Lesufi meer mag oor openbare skole wil hê, terwyl regeringsubsidies en gesubsidieerde poste aan skole afneem.”
Alles vir Donderdag 16 Augustus 2018
17-jarige vas ná moord op pa
Die seun sal môre in die Elliotdale-landdroshof verskyn op aanklag van moord.
Foto’s: ‘Belaglike’ strooimeisie-modes deur die jare
ʼn Strooimeisie moet nooit die aandag van die bruid aftrek nie. Dit lyk egter of sommige bruide twyfelagtige modes vir hul strooimeisies beproef …
Engelse held teen Bokke opgesluit ná bakleiery
Die man wat vroeër vanjaar op Nuweland die grondslag vir Engeland se drie in sy sege van 25-10 teen die Springbokke gelê het, is Woensdag ná ʼn nagklubvoorval op die eiland Jersey deur die polisie toegesluit.
‘Ontploffing’ van ondersteuning vir ‘Kokkedoor’-koskenner
Die plasing is teen die volgende oggend oor die duisend keer op Facebook gedeel. Vyf dae later is R50 000 reeds ingesamel en skenkings stroom steeds in.
Man vergiftig glo minstens 29 honde
“Daar was nou 29 honde by ons, maar dit kan altesaam tot 40 honde wees.”
Trollip en DA oorleef in Port Elizabeth
Die DA-gesinde koalisie in die Nelson Mandelabaai-metro in Port Elizabeth het vanoggend ʼn mosie van wantroue oorleef nadat die einste koalisievennoot wat die mosie ingestel het, omgeswaai het omdat hy nie die burgemeester kon word nie.
SA vrou doodstraf opgelê: Ma bly hoop
ʼn Suid-Afrikaanse vrou wat die doodstraf opgelê is nadat sy op die Senai Internasionale Lughawe in Maleisië met dwelms betrap is, het vandeesweek weer in die Maleisiese federale hof verskyn in ʼn laaste desperate poging om haar vonnis na gevangenisstraf te laat omkeer.
Drie vas wat glo sakeman se saak sou ‘laat verdwyn’
“Ons het talle klagtes ontvang van slenters waarby vermeende Valke-lede glo betrokke is en hoëprofiel-mense in die regering en die private sektor wat geteiken word en daar dan geld geëis word om sake te laat verdwyn.”
Familie vra gebede vir vlieënier ná heli neerstort
“Ons is oorweldig deur al die mense wat bel en boodskappe van ondersteuning stuur – dit beteken vir ons regtig baie.”
Podlitiek: Plaaslyste, medialuise en die Grondwethof luister
Podlitiek se span gesels hierdie week oor drie vreemde fenomene: Lyste met plase in gevaar, mediafoefies en sensasie, en die lot van ons eertydse hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), ene Shaun Abrahams.
Leerders glo bedwelm, ontvoer by Kaapse skole
“Dit is ʼn ernstige bron van kommer.”
Hansen hou by ou wenresep, Cheika waag
Daar is sekere dinge in rugby wat afrigters en keurders nooit moet verander nie, soos om spelers op peil te kies en die regte kombinasies in te span.
Dosent met mediese verlof ná Facebook-plasing
Die dosent het glo onder meer gesê mense wat ander verkrag, ly aan depressie en toe hý depressief was, wou hy sy eie tweejarige kind leed aandoen en verkrag.
Springs-gruwelhuis: Hof lewer uitspraak
Die hooggeregshof in Pretoria het Donderdag uitspraak gelewer in die verhoor teen die 39-jarige man en sy 39-jarige vervreemde vrou van die sogenaamde Springs-gruwelhuis.
ANC verloor steun in tussenverkiesings
Die ANC het vandeesweek steun verloor aan opposisiepartye in tussenverkiesings in Noordwes en die Noord-Kaap.
Eskom verklaar dispuut met vakbonde
Irvin Jim, NUM se sekretaris, het gesê Eskom se besluit om ʼn dispuut te verklaar is ʼn “demonstrasie van ondergeskikte, indien nie onnosele, menslikehulpbronne-leierskap” asook ʼn “roekelose en uitlokkende besluit van die bestuur wat weier om te leer”.
Ooievaar besig by skool
“Gelukkig is ons al vyf mans, anders was daar nou ʼn skool wat in ʼn penarie sou wees met vyf vroue wat almal met kraamverlof moes gaan.”
Taalgebruik: groot mense, grootmense
Gebruikers van Afrikaans is soms onseker oor los en vas skryf. Taaltoffie ondersoek die verskil tussen “groot mense” en “grootmense”.
Bestuurder ontken bewerings oor tender-‘onreëlmatighede’
Moeketsi Mosola, munisipale bestuurder van die Tshwane-metro, het Woensdag volgehou dat hy onskuldig is in die toekenning van ʼn multimiljoenrand-kontrak vir projekbestuur.