Dit is duidelik dat geskiedenis baie waarde vir leerders inhou, mits dit met passie aangebied word.
Alles vir Donderdag 16 Augustus 2018
Agter die donker gordyn van voor-en nageboortedepressie
Daar is baie vroue wat óf nie weet dat hulle voor- of nageboortedepressie het nie óf te skaam voel om dit te erken, en dis vir hulle wat ek hierdie artikel wil skryf, sê Marianne Styan.
Afrikaanse gemeenskap ‘moet nuut dink’ oor werkende ma’s
Die Solidariteit Navorsinginstituut (SNI) het Woensdag met die bekendstelling van ʼn demografieverslag oor die getalle van Afrikaanssprekendes en Afrikaners in Suid-Afrika gesê dit is kommerwekkend dat dié bevolking nie genoeg kinders kry om die plaasvervangingskoers te ewenaar nie.
Die ANC se toweroplossing vir alles – wysig Artikel 25
Op die harde manier gaan die ANC en die deelnemers aan die openbare verhore leer dat die onteiening van grond nie die kortpad uit armoede is nie. Inteendeel. Die enigste kortpad uit armoede, is om die lotto te wen. Al die ander paaie sluit harde werk en eiendomsreg in.
‘Emfuleni finaal op sy knieë’
“Daar is op al die munisipaliteit se oorblywende diensleweringsvoertuie beslag gelê weens agterstallige skuld.”
Foto’s: Sleepwa vol eetgoed toe gesteelde bakkie
Die voertuig is Woensdag in die vroeë oggendure voorgekeer en deursoek nadat die polisie inligting ontvang het dat ʼn gesteelde voertuig op die N1 vervoer sou word.
‘Survivor SA’: Wie sal dit wees?
Wie sal met die R1 miljoen prysgeld wegstap: Annalize, Tom of Jeanne?
Sassa: Betalings vir Augustus ‘sonder uitdagings’
Sassa het in Julie fel deurgeloop onder kritiek ná duisende begunstigdes met leë hande moes terugkeer nadat hulle dae lank in rye gestaan en wag het vir hul toelae.
Nuuskommentaar: Marikana steeds met ons
Kan uiteenlopende optredes oor Marikana die land nog ’n verskuiwingsvlak besorg waar gemeenskappe verder gepolariseerd raak?
Boek: Die swakste restaurant in die heelal en ander stories
Jy kan kies om te giggel, gil, brul, proes, snork of skater van die lag met hierdie versameling skreeusnaakse stories uit die pen van die gewilde Jaco Jacobs.
Vandag se sportnuus
Die eerste twee wedstryde in die Rugbykampioenskap van 2018 word die naweek gespeel en in krieketnuus begin die derde toets van vyf tussen Engeland en Indië Saterdag op Trent Bridge.
Uitspraak vandag gelewer in Springs-gruwelhuis-saak
Uitspraak word vandag gelewer in die opspraakwekkende Springs-gruwelhuis-saak wat die land geruk het toe die beweerde dade in die huis in 2014 aan die lig gekom het.
Ma en kind (3) verdwyn saam
“As enigiemand weet waar sy haar bevind of hulle sien, bel die polisie of ons asseblief onmiddellik.”
Vaalrivier-ramp: ‘Rehabilitasie goed op dreef’
“Daar word daagliks minstens 1 500 megaliter gedeeltelik behandelde of onbehandelde riool in die Vaalrivier gestort.”
Saak teen LP se ‘moordenaar’ uitgestel
Die 31-jarige man wat verdink word van die moord op ʼn ANC-LP in Junie vanjaar in Johannesburg het Woensdag vlugtig in die Roodepoort-landdroshof verskyn.
Gedagte vir die dag: Gehoorsaam, en beleef God deur berou
Die mense van Nineve het God se boodskap geglo. Almal, van groot tot klein, het besluit om te vas en om rouklere aan te trek. (Jona 3:5)