Min mense verstaan wat daardie “guarantee” en “warranty” nou eintlik beteken, wat jy saam met die aankope van jou bed kry. Ina Opperman verduidelik wat dit beteken en wat jou regte is.
Alles vir Vrydag 17 Augustus 2018
Hier is ‘Forbes’ se hoogsbetaalde aktrises van 2018
Die wêreld se tien hoogsbetaalde aktrises het altesaam ʼn inkomste van $186 miljoen (sowat R2,7 miljard), tussen 1 Junie 2017 en 1 Junie 2018, verdien.
Kommer oor Goldfields se afleggings
Ondanks die slegte nuus het die mynbousektor ’n positiewe maand in Junie beleef. Statistiek Suid-Afrika se mynproduksie het gedurende die maand met 5% gestyg teenoor die hersiene syfer vir Mei wat met 5,9% geklim het.
‘Survivor SA’: ‘Ek was nie verbaas toe ek nie wen nie’
Indien jy nog nie gisteraand se episode gekyk het nie, moet jy eerder nie hierdie artikel lees nie, anders gaan jy sien wie gewen het.
Vive la France!
Frankryk, wat ons landjie in 1688 ’n stuk of 200 Hugenote-gesinne geskenk het, het Suid-Afrika se geskiedenis onherroeplik geraak. Die verstommende kulturele bydraes van die Du Plessis’s, Du Toits, Bothas, Jouberts, die Retiefs en baie ander loop soos ’n goue draad deur ons geskiedenis.
‘Staat gaan nie vir Magaqa-fluitjieblasers se beskerming betaal nie’
Bheki Cele, minister van polisie, het gesê die polisie se bestuur is van voorneme om die openbare beskermer se verslag wat aandui dat die staat moet betaal vir private veiligheidsdienste vir die twee fluitjieblasers in die Sindiso Magaqa-moordsaak, te laat hersien.
Dink twee keer oor beleide
Wanneer meeste mense die woord “beleid” hoor, skop hulle vas. ʼn Beleid is nie net iets wat politici skep om ons lewens moeilik te maak nie, maar ook iets wat in enige organisasie geskep word om die een of ander element van ons lewens te reguleer. Die daarstel van beleide is ʼn kuns.
Curriebeker: Eerste ronde sal aanduiding gee
Ses wedstryde, dis al. Naastenby gelyk volgens sterkte vir almal se tuis- en wegwedstryde ingedeel, maar daar is tóg die wete dat die krag van jou weg-teenstanders en dié waarteen jy tuis moet speel, jou lot kan bepaal.
Hoe lyk die toekoms van die NFHS?
Dis hoog tyd dat politieke leiers begryp dat sekere dinge in die samelewing eenvoudig nie deur hulle alleen bestuur kan word nie. En onderwys en opvoeding is die één ding wat nie langer in die slag mag bly deur die toedoen van politokrate nie.
Oppikoppi: Feesgangers loop deur onder selfoonsindikaat
Altesaam 81 selfone is tydens die fees gesteel, waarvan 23 aan hul eienaars terugbesorg is.
Lesersbrief: Huldeblyk ter ere van prof. Christo van Rensburg
Prof. Christo, die ATR gaan u ongekende bydrae tot die handhawing van ʼn taal, gebore uit die some van vele nasies, altyd koester wanneer ons praat, dink en skep in hierdie mooi taal van ons.
Wes-Kaapse boer hoor oor aansoek om borgtog
Frik Muller word daarvan beskuldig dat hy glo met ʼn trekker teen ʼn plaaswerker se huis se muur vasgery het. Van die bakstene het op die werker beland.
Sesjarige koop, koop, koop met mamma se kaart
ʼn Sesjarige het op ʼn aanlyn inkopietog gegaan – sonder haar ma se medewete.
Video: Ma van Springs-gruwelhuis praat vóór uitspraak
“Ek is bang hy kom uit en hy kom soek my.”
5 polisiemanne vas ná hul glo vragmotor plunder
“Lede kon ook daarin slaag om beslag te lê op verskeie bokse [vol goedere] op verskillende plekke in Oos-Londen, insluitend die plaaslike polisiekwartiere.”
Sekretarisvoël kritiek ná aanhouding
“Die eienaar van die voël was duidelik oningelig oor wat dié bedreigde roofdier behoort te eet. Die voël is ten tyde van sy aanhouding slegs pap gevoer.”
Woord: kets
Taaltoffie ondersoek die gebruik van die woord “kets”
Atletiek: Caster is een van die groot trekpleisters
Verskeie Suid-Afrikaners sal Saterdag in aksie wees.
Vyf Franse Springbokke help WP troef
Met vyf Springbokke en nog drie Suid-Afrikaners in sy opdrafspan, was Montpellier Hérault Donderdag te sterk vir die Westelike Provinsie in hul littelosmaker in Millau, Frankryk.
Tekenprent: Boer soek ʼn plaas
Organisasies het hul kommer uitgespreek oor Gwede Mantashe, voorsitter van die ANC, se uitlating dat ʼn beperking op grondeienaarskap ingestel moet word. Boere sal volgens dié bepaling tot 12 000 hektaar grond beperk word.