Alles vir Maandag 20 Augustus 2018

Nuuskommentaar: Berg Vema, die koninkryk onder die golwe

Berg Vema is ’n seeberg sowat 1 000 kilometer noordwes van Kaapstad, en in 2006 het Peter Goldishman homself as koning oor dié soewereine gebied, die koninkryk van Vema, uitgeroep. Maar met elemente van ’n mislukte staat en staat waar korrupsie endemies geword het – is daar nie ongemaklik baie ooreenkomste tussen SA en die “koninkryk” versonke onder die see nie?