Afrika is steeds ’n vasteland met groot potensiaal. Die huidige uitdagings van interne konflik, swak demokratiese praktyke en instellings en ’n onvermoë om hulpbronne in volhoubare ekonomiese groei te omskep, sal eers oorkom moet word, voordat daar werklik van ’n omvattende Afrika-herlewing gepraat kan word.
Alles vir Woensdag 22 Augustus 2018
Uiteenlopende reaksie op regering se luiperdjag-kwota
Albi Modise, woordvoerder van die departement, het gesê dié nuwe kwota vervang die vorige twee jaar se kwota wat luiperdjag verbied het.
Hap saam met Lochner: Gevulde filo-sigaartjies
Lochner maak dié week iets wat jy nog nooit van tevore gesien het nie, maar wat jy móét probeer.
Nuuskommentaar: Wat hou die landbou positief?
Namate ’n regering al hoe meer droogmaak met die demokrasie is daar gewoonlik ’n groeiende reaksie onder die burgers om politiek-tegnokratiese ingrepe te verwelkom. Daar is natuurlik ook dié wat ’n probleem het dat die demokrasie-afdwalings die knie voor die kliniese tegnokrasie moet buig.
Land Bank bepleit versigtigheid met grond, Sasol wil eie elektrisiteit voorsien
Buiten die land se handelsbanke, het die Land Bank ook sy stem by die debat gevoeg. Die Land Bank is die grootste uitlener van geld aan die landbousektor.
Student vermoor tydens aanval op groep
ʼn Groep studente is Maandag in die Johannesburgse middestad aangeval en beroof. Een van die studente is in die aanval dood.
Vandag se sportnuus
Saterdag se twee wedstryde in die Rugbykampioenskap word onderskeidelik vroegoggend en laataand gespeel en in die Sonskynreeks begin die Wildekus-uitdaging vanoggend.
‘Dubbele seëning’ ná talle tragedies
Dit was “absoluut net bonatuurlike krag van Bo en baie genade” wat haar staande gehou het.
Boek: Nagreisiger
Hierdie spanningsverhaal is ʼn verwerkte weergawe van die 2004-publikasie.
Ministers se braaigeriewe ruk jou sak
“Ons is van mening dat daar nie van Suid-Afrikaners verwag kan word om dié bedrag geld net vir braaigeriewe vir ministers op te dok nie.”
‘Geskiedenis as verpligte vak moet skoolkurrikulum dekoloniseer’
“Geskiedenis as ʼn skoolvak stel Suid-Afrikaners in staat om te leer en te verstaan van die stryd wat menige mens moes deurgaan sodat die land demokrasie kon bereik.”
‘Politieke partye se misbruik van grondkwessie is ʼn gevaarlike speletjie’
“Politieke partye misbruik die grondkwessie om emosie in Suid-Afrika op te jaag en kiesers te lok. Dit kan onvoorsiene gevolge vir die toekoms inhou.”
Gedagte vir die dag: Jesus, die Christus
“Hierdie Jesus wat ek aan julle verkondig,” het hy gesê, “Hý is die Christus” (Handelinge 17:3)