Die Bloemfontein-polisie het ʼn soektog van stapel gestuur na sewe verdagtes wat Donderdag op die gewilde Mimosa Mall toegeslaan het waar hulle ʼn juwelierswarewinkel beroof het.
Alles vir Vrydag 24 Augustus 2018
Pastoor tydens kerkdiens doodgeskiet
“Die verdagte het glo aan die kerkgangers gesê om aan te gaan met die diens en dat hy sake het om met die pastoor uit te klaar.”
Student dood ná verkiesing in chaos ontaard
Dit is egter in dié stadium nog nie duidelik of die student deur die polisie doodgeskiet is en of iemand anders ook skote afgevuur het nie.
Nuuskommentaar: Die Block aan die been
Ná baie jare lyk dit of die howe nou die ANC in ’n blik druk om korrupsie in eie geledere vas te vat.
Boek: Wat het geword van Dinsdag?
ʼn Fyn afgeronde, skerpsinnige roman oor selfontdekking, heimwee en verlies.
Navorsing wys gesondheidspraktisyns kan land uit weens voorgestelde NGV
ʼn Navorsingstudie wat deur die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) onderneem is om die gevoel en menings van mediese praktisyns aangaande die nasionale gesondheidsversekering (NGV) vas te stel, is Dinsdag by die Solidariteit Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns se krisisberaad oor die voorgenome NGV bekendgestel.
Foto’s: Die Harley-Davidson-aanslag duur voort
In Harley-Davidson se voortdurende strewe om die jonger geslag na sy handelsmerk te trek, is hy ook druk besig om die bestaande Harley-Davidson-kliënte tevrede te hou.
Vandag se sportnuus
Die Bokspan vir die Rugbykampioenskapwedstryd môre teen Argentinië toon een verandering aan die beginspan. Die Argentyne het ook net een verandering aan hul span gemaak.
Plofstof op vragskip ‘nie bestem vir SA’
“Die plofstof vereis ʼn vervoerpermit wanneer die skip waarop dit vervoer word in Suid-Afrikaanse gebiedswaters beweeg.”
Moto GP: Ducati mik weer na twee podiumposisies
Dit is die 12de wedren van die 2018-seisoen en alle oë is op die huidige wêreldkampioen, Marc Marquez (Repsol Honda), wat die eerste deel van die seisoen oorheers het.
Twee vas oor ‘gevorderde’ dwelmlaboratorium
“Wat hierdie laboratorium uniek maak, is die struktuur waarin dit opgerig is, die gevorderde aard van die toerusting wat gebruik is en duidelik die volume van wat geoes word.”
Agt munisipaliteite in NW onder administrasie geplaas
Dié munisipaliteite is onder administrasie geplaas nadat ʼn diagnoseverslag oor die stand van munisipaliteite by ʼn vergadering van die provinsiale uitvoerende raad voorgelê is.
Gedagte vir die dag: God werk om regverdigheid aan die lig te bring
Die Here doen geen onreg nie. Dag vir dag is sy uitsprake regverdig, elke nuwe dag sonder uitsondering. Maar niemand sien dit raak nie, en goddeloses ken geen skaamte nie.(Sefanja 3:5)