Multichoice het Dinsdag aangekondig Newzroom Afrika se aansoek vir sy vakante 24-uur-nuuskanaal op DStv was suksesvol.
Lees meerAlles vir Dinsdag 28 Augustus 2018
May gee voorwaardelike ondersteuning vir SA se grondhervorming
Die Britse eerste minister Theresa May ondersteun, met sekere voorwaardes, die Suid-Afrikaanse regering se planne oor grondonteiening en is gereed vir groter handelsvennootskappe met die land.
Eskom dagvaar Trillian oor R600 miljoen
Eskom sal Trillian, ʼn maatskappy wat met die berugte Gupta-familie verbind word, later vanjaar vir R600 miljoen dagvaar in ʼn poging om die geld terug te kry, het uitvoerende hoof Phakamani Radebe Dinsdag aan LP’s gesê.
Gupta het Denel-geheime verklap, sê Vytjie Mentor
Ajay Gupta het geheime inligting van die staatsbeheerde wapenvervaardiger Denel verklap tydens ʼn vergadering by die familie se huis in Saxonwold, Johannesburg, het voormalige LP Vytjie Mentor Dinsdag aan die kommissie van ondersoek na staatskaping gesê.
Ledesma versterk Poemas se spelersgroep
Die Argentynse Poemas se afrigter Mario Ledesma het vier veranderinge aan sy spelersgroep aangebring vir die toetse teen Australië en Nieu-Seeland wat ná Saterdag se loslootjie in die Rugbykampioenskap volg.
Mpuma-pa het glo sy drie kinders vermoor
Die kinders se ma het op hulle liggame afgekom.
Lid van SANParke vas oor renosterstropery
ʼn Werknemer van SANParke is in hegtenis geneem in verband met renosterstropery.
ToekomsVenster: Here, hoor my nog een keer
Bid vir hierdie stukkende en onverskillige wêreld. Bid gereeld.
Seksklagte: Seun getuig teen oudafrigter
ʼn 17-jarige seun het Dinsdag getuig in die saak teen die waterpolo-afrigter van die Parktown Boys’ High School wat skuld beken het op sekere seksuele aanklagte teen hom.
Gestremd, maar stééds nie ‘waardig’ vir Sasol nie
ʼn Maand nadat sy regterbeen weens ʼn spinnekopbyt geamputeer is, was Nico Coetzer (54) in ʼn rolstoel getrou terug op sy pos by Sasol in Secunda. Hy is egter steeds nie “waardig as wit gestremde werker” om deel van die brandstofreus se personeelaandeleskema, Khanyisa, te wees nie.
Man gevonnis ná kleuter se liggaam in swartsak gevind is
“Sy moes verskriklike pyn en vrees verduur het voor sy dood is.”
Wetsontwerp oor onteiening eers teruggetrek
Dit is onomwonde gestel dat die kabinet nie wil hê Suid-Afrika moet dieselfde weg as Zimbabwe volg nie.
Vat ʼn ‘Vet Kans’ saam met kykNET
Die aanbieder van die program gaan vir die volle 16 weke saam met die deelnemers die dieetprogram volg.
ʼn Kwart van behoeftige kleuters gaan slaap honger
Sowat 85% van behoeftige Afrikaanse kleuters daag ná ʼn naweek honger by hulle kleuterskole op terwyl 35% van die kleuters elke weeksoggend honger by die skool opdaag.
Pa in maag geskiet tydens gewelddadige huisroof
“Toe my pa sê ‘eina’, sê die een vir hom: ‘What the f**k are you saying? I’m gonna shoot you!’”
Boekresensie: Laat die potte prut
Potjiekosliefhebbers se monde sal water by die aanskoue van hierdie versameling lipleklekker resepte.
Vlieënier maak oë oop ná heli-ongeluk
Joshua Cilliers (28), die vlieënier wat kritiek beseer is in ʼn helikopterongeluk naby Queenstown in die Oos-Kaap, sal na verwagting binnekort sterk genoeg wees om na ʼn hospitaal in Pretoria oorgeplaas te word.
Dalk die kwaadste bruid ooit?
Die troue is intussen gekanselleer en die vrou meen haar vriende en familie het haar almal “in die rug gesteek”. Sy blameer hulle ook vir die verhouding wat skipbreuk gely het.
Bekendstelling: Hilux kry ligte chirurgie
Met die onlangse bekendstelling van die Hilux Dakar het ek gedink dit is hoe die Hilux nog altyd moes gelyk het, skryf Brendon Staniforth.
Nedbank sê oor verbande ná onteiening
ʼn Skermskoot van ʼn e-posgesprek tussen ʼn oënskynlike kliënt en ʼn verteenwoordiger van Nedbank waarin die kliënt navraag doen oor die impak van moontlike onteiening op eiendom wat steeds onder verband by Nedbank is, word wyd op sosiale media versprei.