Die parlementêre reëlskomitee het ooreengekom oor ʼn proses wat die nasionale vergadering moet volg as ʼn dienende president verwyder moet word kragtens artikel 89 van die Grondwet.
Lees meerAlles vir Donderdag 30 Augustus 2018
Ma sterf tydens ongeluk, twee kinders kritiek
ʼn Vrou het Donderdagmiddag op die R614 Tongaat in KwaZulu-Natal verongeluk en haar twee kinders, onderskeidelik ses en nege, is in ʼn kritieke toestand.
Leerder was te skaam om ma van verkragting te vertel
ʼn 17-jarige seun wat na bewering deur die voormalige waterpolo-afrigter van Parktown Boys’ High School, Collan Rex, verkrag is, het Donderdag gesê hy het nie sy ma oor die voorval ingelig nie, omdat hy te skaam was.
Vakbond veroordeel aanvalle op uitlanders
Die Food and Allied Workers Union (Fawu) het Donderdag vandeesweek se aanvalle op uitlanders, wat daarvan beskuldig word dat hulle vervalste goedere verkoop, veroordeel.
GCIS-hoof sal voor Staatskapingkommissie getuig
Die waarnemende uitvoerende hoof van die regering se kommunikasiediens GCIS, Phumla Williams, sal Vrydag voor die kommissie van ondersoek na staatskaping, onder leiding van adjunkhoofregter Raymond Zondo, getuig.
ToekomsVenster: Ek wil U ’n geheim vertel
Skop jou skoene uit. Haal diep asem. Word bewus van Sy teenwoordigheid. Slaak ’n sug van verligting. Kom tot rus. Hy verstaan. Hy is by jou.
ANC, EFF wil hof nader oor mosie teen Solly
ANC-raadslede het Donderdag uit die Tshwane-raadsaal gestap en onderneem om by die EFF in ʼn hofaansoek aan te sluit om speaker Rachel Mathebe te dwing om ʼn mosie van wantroue in beleërde burgemeester Solly Msimanga toe te laat.
Mej. SA praat openhartig oor gesondheidstryd
“Dit het my drie jaar geneem voordat ek my storie kon deel. Ek kon baie van die trauma vermy het as ek al vroeër hieroor gepraat het, maar ek is nou in die proses om dit te verwerk.”
Die wêreld in foto’s – 30 Augustus 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Goeie nuus vir Gauteng-lisensie-aansoekers
Die stelsel, wat deur die RTMC bestuur sal word, maak voorsiening vir aansoekers om die datum, tyd en plek vir hul toetse te kies.
Nóg slegte nuus vir motoriste
“Die rand het egter aansienlik teen die Amerikaanse dollar verswak, wat ʼn toename in die brandstofprys in Suid-Afrika tot gevolg gaan hê.”
Hof hoor grafiese getuienis teen sportafrigter
Die Palm Ridge-hooggeregshof in Johannesburg het Donderdag grafiese getuienis gehoor van twee seuns wat ʼn voormalige waterpolo-afrigter van Parktown Boys’ High School van seksuele aanranding beskuldig.
Boekresensie: Doodsake op Karibib
“Ek beveel hierdie boek aan vir lesers wat veel meer in ’n spanningsroman soek as net bloed en derms. Die spanning bou fluks op, maar die menslikheid bly nie agterweë nie.”
Formule Een: Vettel en Hamilton pak mekaar kaalvuis
Die topspanne, Mercedes en Ferrari, laat geen steen onaangeroer om die beste motor vir hul renjaers tot beskikking te stel nie.
Eskom: Daar is goeie en slegte nuus
Daar is vandag goeie nuus vir verbruikers aan die Eskom-front. Dit word egter gedemp deur meer slegte nuus van die staatsbeheerde maatskappy wat meer geld van vuisvoosverbruikers soek.
Taalgebruik: persoonsname
Wat noem mens iemand wat geen sterk drank gebruik nie, of iemand wat oudhede verhandel, iemand wat gedurig kla of selfs iemand wat versot is op alles wat Frankryk betref? Taaltoffie stel ondersoek in.
Solly staan nog sterk
“Die mosie is nie in ooreenstemming met die reëls nie. My beslissing oor die saak is finaal. As julle nie daarmee saamstem nie, weet julle wat om te doen.”
Duisende maak stem dik oor toelatings by Gautengse skole
Sowat 15 000 mense het binne twee weke die #VirSkole-platform gebruik om hul insette oor die voorgestelde regulasies vir Gautengse skole te gee.
Aanvallers drie jaar ná plaasaanval eindelik gevonnis
“Hulle het die egpaar in ʼn lokval gelei toe hulle van die lughawe af gekom het. Daar is wapens op hulle gerig die oomblik toe hulle uit die voertuig geklim het.”
Saru moet snoei, en sal behóórlik moet snoei om te oorleef
Daar wag ʼn groot ontnugtering op 530 van ons land se heeltydse rugbyspelers.