“Teen verlede week Vrydag was hier seker so 30 strukture opgerig, maar oor die naweek moes hulle baie besig gewees het, want hier is nou al seker ’n honderd sinkstrukture opgerig en hier is baie meer mense.”
Alles vir Maandag 3 September 2018
Ramaphosa: ‘China nie nuwe koloniale mag nie’
Pres. Cyril Ramaphosa het sy toespraak by die opening van die forum vir samewerking tussen Afrika en China (Focac) in Beijing gebruik om bewerings dat China gesien word as Afrika se nuwe koloniale mag te weerlê.
Foto’s: Vislyn, toue in uitgespoelde walvis se maag aangetref
Die walvis was volgens wetenskaplikes op die toneel ʼn paar dae tot ʼn week lank dood voor dit op die strand uitgespoel het.
Bryan Ferry toer na SA
Hierdie toer is moontlik die laaste keer dat Suid-Afrikaanse aanhangers kan sien hoe Ferry sy grootste treffers in lewende lywe sing.
Pa in hof ná moord op tweeling
Die ma van die tweeling het op hul liggame afgekom in ‘n vakansiewoonstel in Houtbaai.
Polisiebeamptes vas ná moord op Bloem-sakeman
Louis Siemens, besturende direkteur van die CityMed-daghospitaal, is in Mei vanjaar vermoor in ‘n oënskynlike sluipmoordaanval.
14-jarige doodgeskiet: ‘Hy was so ʼn lewendige seun’
Toe die skietery bedaar, het ek vir my kind gevra of hy oukei is en toe ek my hand op sy lyfie sit, kon ek klaar die bloed voel.”
Bou op die verlede
As elkeen sy of haar vermoë om te luister eerder as te praat (daarom het ons mos twee ore en net een mond!) behou, en daarmee saam sy of haar vermoë tot deernis en meelewing, sal dit met ons land en met ons nasie wel wees.
Resep: Banoffee-tert
Hierdie tert is soet tot in jou kiewe, maar niemand sal dit kan weerstaan nie!
Kan Ackers die beste uit Cipriani haal?
Die oud-Lions-afrigter Johan Ackermann het goud raakgeboor toe hy die Gloucester-base oortuig het om die reddingsboei na die omstrede Engelse losskakel Danny Cipriani uit te gooi.
SA se eerste Mej. Heelal laat verwyder kankergewas
Margaret Gardiner, Suid-Afrika se eerste Mej. Heelal, het ʼn kankergewas uit haar neus laat sny.
SA afrigter se span tem Amerikaanse Panters
Die Panters, uit die Suide van Amerika, se onoorwonne Sentraal-Europese toerrekord is Saterdag beëindig deur ʼn span wat deur ʼn Suid-Afrikaner afgerig word.
Plaaslike telekommunikasiereus sukkel weer met Nigerië
MTN het gesê hy gaan hom na die hof in Nigerië wend. Intussen het die Nigeriese Kamer van Koophandel dié stap deur die sentrale bank as ’n heksejag beskryf en aangevoer dat daar voorbeelde van ernstige oortredinge is en dat die sentrale bank niks gedoen het nie.
Sportman se tweede dogtertjie op Lentedag gebore
“Ek hoop jy kan nog steeds ʼn bal vang nadat ek jou hand so styf gedruk het.”
’n Tikkie goeie nuus vir Steinhoff
Die kleinhandelmaatskappy Steinhoff het aangekondig dat sy verkope vir die nege maande tot einde Junie met 2% gestyg het. Die positiewe nuus was grootliks te danke aan ’n stewige vertoning van sy Suid-Afrikaanse kleinhandelgroep Pepkor.
Verbruikersake: Vervaldatums op voedsel kan jou pootjie
Vervaldatums het skielik weer in die kollig beland en selfs tot onlus gelei nadat gemeenskapslede winkeliers daarvan beskuldig het dat hulle kos verkoop waarvan die vervaldatums al verstryk het. Ina Opperman verduidelik meer oor datums op kos.
Britse musikus in Durban-natuurreservaat vermoor
Die moord op ʼn 60-jarige Brit in KwaZulu-Natal maak internasionaal opslae.
Is tronk die oplossing vir renosterstropery?
Vir elke stroper wat agter tralies beland of selfs tydens ’n kontak met veldwagters doodgeskiet word, is daar altyd nog een wat gereed staan om sy plek in te neem. Stropers is vervangbaar.
Theresa May en die Brexit-spook
Die Britse eerste minister, Theresa May, se wollerige uitspraak op haar pas afgelope besoek aan Suid-Afrika, dat sy grondhervorming in Suid-Afrika ondersteun – solank dit net wettig is, was maar erg teleurstellend.
Ma ernstig beseer toe sy kind tydens plaasaanval beskerm
“Die ma het haarself voor die aanvaller in gegooi om haar kind te beskerm.”