ʼn Gewese Suid-Afrika A-speler, die seun van ʼn Springbok, het Saterdag ʼn tweekuns in die Engelse Premierliga behaal.
Lees meerAlles vir Sondag 9 September 2018
Jo Black ondergaan operasie
Die sanger Jo Black het Sondag ʼn dringende nekoperasie ondergaan.
SAUK wil TV-lisensiegeld verhoog
Die SAUK wil TV-lisensiegeld verhoog om sy inkomste aan te vul.
Klassieke musiek seëvier tydens finaal van ATKV-Muziq en -Muziqanto
ATKV-Muziq (‘n nasionale instrumentale klassiekemusiekkompetisie) en -Muziqanto (ʼn klassiekemusieksangkompetisie) se finale is hierdie jaar saam gehou.
Moto GP: Ducati wen ná 11 jaar in San Marino
Die San Marino Moto GP (die 13de van die seisoen) is Sondag in heerlike sonskynweer afgehandel.
Maimane eis inligting oor Eskom-China-lening
Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, het gesê die besonderhede van ʼn R33 miljard se leningsooreenkoms tussen Eskom en die Chinese ontwikkelingsbank moet bekend gemaak word.
29 hul poste kwyt toe restaurant sluit
Die aksies van die EFF wat Donderdag die Smokehouse and Grill-restaurant in Braamfontein, Johannesburg betree het, het bygedra tot slegte handelstoestande en die restaurant moes sy deure sluit.
Pta’ners gemaan om water te bespaar
Die stadsraad het ʼn formele kennisgewing van Rand Water ontvang dat waterverbruik die afgelope paar dae toegeneem het.
Vul jou stoet aan by die Swartland-veeboereveiling
Veeboere durf die dag nie misloop nie, aangesien daar ’n topgehalte aanbod van 1 099 diere gaan wees.
Finaliste vir Revue 2018 bekend gemaak
Vier finaliste in die laerskole-afdeling en vier finaliste in die hoërskole-afdeling sal meeding om die titel van algehele wenner van Revue 2018.
Karwag val glo motoris in Johannesburg aan
ʼn Sogenaamde karwag is in hegtenis geneem op aanklag dat hy ʼn motoris met ʼn mes aangeval het nadat die motoris geweier het om sy motor te skuif van waar hy in die middestad parkeer het.
Vermeende rowers sommer vinnig aangekeer
Vier verdagtes sal na verwagting Maandag in die Brits-landdroshof in Noordwes verskyn op aanklag van huisroof en die onwettige besit van ʼn vuurwapen.
Polisievrou in KZN doodgeskiet
Die waarnemende KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, het die moord op ʼn polisiebeampte in sy provinsie veroordeel.
Motorfietsryer sterf ná bakkie koei tref
Felix Meiring (17) is Saterdag oorlede nadat ʼn bakkie eers ʼn koei en toe hom op sy motorfiets in Kirkwood in die Oos-Kaap getref het.
Elon Musk rook dagga op komedie-podsending
Elon Musk, uitvoerende hoof van Tesla, het ‘n trek van ‘n daggasigaret op ʼn regstreekse podsending geneem.
Die fout lê nie (net) by die Springbokspan nie
Hoe maak jy ʼn porselein-ornament reg as dit van ʼn rak gestamp word?
Troue afgestel oor bruid se WhatsApp-verslawing
Die voornemende bruid is glo verslaaf aan WhatsApp en spandeer, volgens die familie, te veel tyd op dié boodskapdiens.
Vyf babas sterf in Gauteng-hospitaal
Die hospitaal het reeds sale begin sluit en spook steeds om die bron van die bakterie op te spoor.
Vrou in hof oor man se moord
Sy het na bewering haar man agt keer in sy bolyf geskiet.
Handel en nywerheid aanvaar nuwe kredietwysigingswetsontwerp
Die portefeuljekomitee van handel en nywerheid het ʼn nuwe kredietwysigingswetsontwerp aanvaar.