Verskeie gebeure laat dit lyk of politieke korrektheid weer besig is om vinnig veld in die Suid-Afrikaanse samelewing te wen. Kan iets gedoen word om te keer dat Suid-Afrikaners so sito-sito op ’n stel historiese bog weer denkeslawe van die absurde word?
Alles vir Maandag 10 September 2018
Triumph en die Distinguished Gentleman’s Ride 2018
Die fondse word aangewend vir navorsing oor prostaatkanker en bystand vir verskeie geestestoestande.
Vandag se sportnuus
Die Springbokke het Saterdag in hul derde wedstryd van vanjaar se Rugbykampioenskap teen Australië in Brisbane uitgedraf en verloor.
Drie dood, 3 beseer in trompop botsing
Drie mense is dood nadat twee motors Sondag reg van voor in Garsfontein in Pretoria gebots het.
Boek: Landbou Boerekos
‘Landbou Boerekos’ is ʼn boek wat jou beste vriend in die kombuis gaan word.
Ramaphosa fokus is op verkeerde plekke
Schüssler sê daar is te veel populistiese retoriek in die ANC se oggend- en aandpraatjies en dit ontsenu beleggers. Boonop waarsku hy dat die party nou op die verkiesing van volgende jaar fokus, pleks daarvan om iets daadwerkliks oor die ekonomie te doen.
Hoe gemaak met anonieme kuberafknouery?
Anonieme kuberafknouery is wanneer ’n persoon ander afknou deur van tegnologie of elektroniese toestelle gebruikmaak om sy/haar identiteit te verbloem. Dit kan oor selfone of oor die internet of aanlyn gebeur.
ANC ontken planne om Ramaphosa te ontsetel
Die ANC het ʼn berig in die Sunday Times, “Exposed: Zuma plot to oust Cyril”, verwerp.
Straatrowers steek man aan die brand
ʼn Man, vermoedelik 25 jaar oud, het Sondagmiddag in Ashburton, Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal kritieke beserings opgedoen toe petrol oor hom uitgegooi en vermeende straatrowers hom aan die brand gesteek het.
Kom ons praat reguit oor Afrikaans
Wanneer daar nie meer ‘n universiteit is wat Afrikaans as ‘n primêre taal van onderrig gebruik nie, sal dit die begin van die einde van die breër Afrikaanssprekende gemeenskap se kulturele huis wees.
Cholera-dodetal styg in Zim
Die dodetal van die cholera-uitbreking in Zimbabwe se hoofstad Harare het gestyg.
Sewe sterf tydens brand in Koster
Sewe lede van ʼn gesin is dood toe ʼn brand in hul huis in Koster, Noordwes, uitgebreek het.
Die ou Volksraadsaal: Gister se debatte en vandag se tragedies
Opposisiepartye sal moet besluit of dit wys is om ’n aggressiewe bedreiging op eiendomsreg met politieke korrektheid te bestry.
Onteiening: Akkerland en magsmisbruike in grondhervorming
Daar blyk ʼn verband tussen die onteiening en die ontwikkeling van ʼn spesiale ekonomiese sone (SES), staalaanlegte en ʼn kragsentrale naby dié twee plase te wees.
Gedagte vir die dag: Onveranderlike liefde
U is goed, Here, U vergewe altyd weer, U is getrou teenoor dié wat na U roep om hulp. (Psalm 86:5)