Die broer-en-suster-duo Bobby en Karlien van Jaarsveld is die aanbieders van hierdie program.
Alles vir Dinsdag 11 September 2018
Die wêreld in foto’s – 11 September 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Só het boer Adriaan die jawoord gevra
“Volgens hom wou hy my gaan wys hoe dit gereën het. En daar gaan die man op sy knie!”
Twaalf van Klerksdorp in hof ná onluste
Die polisie sê die geweld het ontstaan nadat polisiebeamptes Sondagoggend op patrollie in Pienaarsdorp op ʼn plaaslike taxibestuurder se lyk afgekom het. Hy is twee keer met ʼn mes gesteek.
Polisie maak syfers vir plaasmoorde bekend
Plaas- en kleinhoewe-aanvalle is vanjaar vir die eerste keer in 11 jaar as ʼn aparte afdeling by die misdaadstatistieke ingesluit, ná versoeke van verskeie belanghebbers.
Is Faf die oplossing in die nommer 9-trui?
Wat gebeur as Faf de Klerk die dag sou seerkry?
Hou op voorbehoeding gebruik, vra Tanzanië se president
Vroue-LP’s word verbied om kort rokke en jeans te dra, terwyl van vroue wat die parlement besoek, verwag word om ook dié voorskrifte te gehoorsaam.
Skote klap naby Montecasino
“Die verdagtes het gestop en die nommerplate van die voertuig probeer verwyder waarna ʼn skietgeveg tussen hulle en die polisie uitgebreek het.”
Reserwebank waarsku teen populistiese beleid
Daar is weer eens ’n sterk waarskuwing aan die regering van president Cyril Ramaphosa gerig om nie ’n populistiese ekonomiese beleid te implementeer nie. Dié keer het die waarskuwing van die president van die SA Reserwebank, Lesetja Kganyago gekom.
Afrigter oor seksklagtes: ‘Ek was onvolwasse’
“Ek besef dit was kinderagtig en ek moes daarmee opgehou het.”
Klipwerf Orkes se nuwe album vier 50 jaar
Met hierdie album vier die orkes die ongelooflike mylpaal van 50 jaar in die Afrikaanse musiekbedryf.
Jou kind en depressie – ken die simptome
Wees op die uitkyk vir dié tekens en simptome van depressie, angs en stres by jou kind.
Grondonteiening: ‘Wittes kan nie alleen vir eiendomsreg veg’
“Die stryd vir die beskerming van eiendomsregte kan nie deur Afrikaners, Afrikaanses of wit mense alleen geveg word nie.”
Ondersteuner in stadionkleedkamer glo met mes aangeval
Die vrou is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir mediese behandeling.
Video: Besetters op Gauteng-plaas ná 2 weke verwyder
“Hulle het ʼn paar buitebande aan die brand gesteek en een of twee petrolbomme gegooi, maar besef hulle het nie ʼn kans teen die Rooimiere nie.”
By Sasol word gestaak. Wat beteken dit vir Suid-Afrika?
Wat is die wesenlike verskil tussen – sê maar – Cyril Ramaphosa en Koos Bekker se kinders? En wat is die wesenlike verskil tussen die kinders van Piet van der Merwe en Sipho Tshabalala, wat ook werkloos is en in ’n plakkerskamp woon?
Grondonteiening: ‘Regstappe nou nodig’
“Die regering het eintlik ʼn skelm metode gevolg om die hele ding te hanteer.”
Ek het die bal geword
My naam is Danie. Ek is nie bereid om verder die bal in enigiemand se wedstryd te wees nie. Daar is nog Boere soos ek. Mens sien hulle daagliks. Jy hoor ons net nie, want ons stemme is sag, gewoond daaraan om met diere te werk, om diere meer te vertrou as mense.
Die stem van u werkers kla u moreel aan
Indien u die stem van die werkers ignoreer, gaan die historiese staking van wit werkers u in die toekoms aankla.
Die Namib-springbok
Daai reddingsdaad van die springbok bly maar by my. Soms as die wanhoop oor die gemorste in Afrika my so wil oorrompel, dan dink ek aan daai springbok…