Vyf jong kinders was glo ten tyde van die brand sonder toesig alleen by die huis.
Alles vir Maandag 17 September 2018
Druk om laaste Afrikaanse skole te verengels
Die enigste twee oorblywende Afrikaansmediumskole in Kaapstad se suidelike voorstede sê hulle doen alles in hul vermoë om hul taalbeleid te handhaaf, ondanks druk van…
TUT ontken gerugte oor kampusse wat sluit
ʼn Skermskoot van ʼn e-pos wat lui dat die kampusse vanaf 17 September 2018 gesluit is en studente wat daar ingeskryf is van TUT se databasis verwyder sal word, doen die ronde op sosiale media.
Luister: Nuwe horisonne wink vir Pieter Rischmuller
Vir langer as ʼn dekade het hy as Piet Pompies saam met die dinamiese en skreeusnaakse musiekgroep DJ Ossewa opgetree. Nou is dié Pretoriase sanger terug met ʼn splinternuwe soloalbum, getiteld ‘My Harlekyn’, en is hy oorgehaal om die musiekwêreld op sy eie aan te pak.
Hoewebrand woed buite beheer
“Die terrein is moeilik begaanbaar omdat ons dit net te voet kan bereik.”
Parktown-afrigter hoor vonnis dán
Staatsaanklaer Arveena Persad het gesê die slagoffers se impakverslae is reeds aan die proefbeampte oorhandig, maar dat die verslag eers later gereed sal wees.
Man (71) sterf ná onderonsie met Uber-bestuurder
Die 71-jarige man wat op 9 September tydens ʼn onderonsie, glo oor ʼn parkeerplek by OR Tambo Internasionale Lughawe, wreed aangerand is deur ʼn Uber-bestuurder, het aan sy beserings beswyk.
Boek: De Jagers in die Dorsland
In die jare 1891 tot 1893 het ongeveer 770 persone Transvaal verlaat en na Angola en Duits-Suidwes-Afrika getrek om hulle heil daar te soek. Dit staan bekend as die “sesde” Dorslandtrek.
Pretoria FM is 25 jaar jonk
Pretoria FM het Sondagaand 16 September ʼn kwarteeu se uitsaaidiens met groot dankbaarheid en vreugde in die Senotaaf-saal van die Voortrekkermonument gevier.
Twee gesinne dakloos gelaat ná reusebrand
“Die toestande was verskriklik uitdagend weens die droë toestande en die sterk, wispelturige wind wat eers dié kant toe en dan daai kant toe waai.”
Net een skepdoel en alles was verby
Ek wonder darem hoe ver die All Blacks die Springbokke Saterdag in Wellington sou geklop het as Naas Botha in hul span was, of Derick Hougaard, of Jannie de Beer, of Morné Steyn, of Joel Stransky.
Uitdrukking: hoor-hoor skree
Waarom skree iemand “hoor-hoor” as hulle met iemand saamstem? Taaltoffie stel ondersoek in
Vermiste kleuter veilig ná beweerde kaping
Die polisie het die soektog na die vierjarige kleuter wat vermis geraak het toe kapers Saterdagoggend na bewering met haar in haar pa se motor weggejaag het, afgelas.
Varsgebekkig: kermkoop
Enigiemand met kinders behoort dié woord in hulle woordeskatboekie te hou…
Man gevonnis vir polisieman se skietdood
Lt.kol. Reinier Lagois is in Januarie 2016 koelbloedig voor sy huis in die Moot doodgeskiet. Daar is aanvanklik bespiegel dat hy moontlik die slagoffer van ʼn kaping was, maar tydens die verhoor het die ware motief vir die moord aan die lig gekom.
Ontbytsake verwelkom nuwe aanbieder
Oor die afgelope tien jaar het hy ’n hele rits toekennings gewen het, waaronder Vonk-, SAMA- en Ghoema-toekennings vir Beste Instrumentele Album, en hy het ook by die grootste feeste in die land opgetree.
Twee sterf, 26 beseer toe trok omslaan
Terwyl paramedici die pasiënte op die toneel behandel het, het hulle drie mans aangetref wat nog in die wrak vasgekeer was.
Hittegolf, brandgevaar dié week verwag
Terwyl die noorde van die land onder ʼn hittegolf gebuk gaan, bibber die suide.
Minstens 12 sterf toe bus op N1 omslaan
Sommige van die passasiers is nog in die wrak vasgekeer.
Resep: Forelterrien
Hierdie gereg is heerlik saam met varsgebakte brood of roosterbrood.