“Enigiemand wat ʼn ouer is, enigiemand wat weet wat die kosbare verantwoordelikheid is om ʼn ma of ʼn pa te wees, sal die volle betekenis van dié stuk verstaan,” sê Andrea Bocelli.
Alles vir Donderdag 27 September 2018
Vroue kritiek ná kosstalletjie ontplof
“Na verneem word, het omstanders die twee vroue ná die ontploffing uit die vraghouer gehaal.”
Hansen se baie veranderinge op Wêreldbeker gemik
Daar moet nie te veel gelees word in die ses veranderinge en ʼn posisionele skuif wat die All Blacks-afrigter Steve Hansen aangebring het aan die span wat teen die Springbokke verloor het nie.
Dlamini moet opdok oor Sassa-krisis
Die konstitusionele hof het Donderdag beslis Bathabile Dlamini, voormalige minister van maatskaplike ontwikkeling, moet opdok vir haar aandeel in die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) se toelaagdebakel.
Taalgebruik: ruim vs ruimskoots
Het jy geweet? Dit is verkeerd om te sê iemand word “ruim vergoed”. Taaltoffie stel ondersoek in oor die verskil tussen die gebruik van “ruim” en “ruimskoots”
Vrou maak gru-vonds by buurvrou se huis
Dube se woonplek was nie gesluit nie, maar die buurvrou wou nie alleen die huis binnegaan nie en het gewag dat die polisie opdaag.
TV-vrou nie in hof vir bedrogsaak
Charl Coetzee vir die verdediging het gesê sy kliënt was in New York vir die New York-modeweek toe sy die kennisgewing ontvang het dat sy in die hof in Johannesburg moet verskyn.
Plaasaanvalslagoffers na VSA ná ‘bedrieglike Ramaphosa-uitlating’
“Daar is geen manier om doekies om te draai of te versag wat die president gesê het nie. Dit is blatant vals.”
Styging in brandstofpryse ‘katastrofies’, sê AA
Die ongekende brandstofverhogings wat in Oktober wink sal katastrofies wees vir motoriste.
Naalde in aarbeie ook buite Aus se grense gevind
Dié aankondiging kom nadat aarbeie in Australië verlede week op groot skaal aan winkels onttrek is.
Dit is makliker om slagspreuke te skryf as om beleid uit te voer
Die driewoordbegrippe moet vinnig van die tong af rol, moet duidelik stel waarteen gemobiliseer word sonder om te veel eie verantwoordelikheid op te neem, want dit moet altyd iemand anders se skuld wees.
Foto’s: Brand lê historiese skool in puin
“Ons weet nog nie presies wat daar gebeur het nie, maar dis baie tragies dat ʼn skool met so ʼn groot tradisie verlore is.”
Graderingsmaatskappy nie optimisties oor stimuluspakket nie
Die graderingsagentskap het bygevoeg dat baie van die maatreëls reeds van bestaande voorstelle bevat en ander sal ʼn ruk lank duur voordat dit gefinaliseer word en ʼn impak het.
Nuuskommentaar: Ace Magashule en die slaggat
Een van die sekerste tekens dat die verkeerde mense regeer, en dat die verval nie aan die regeerstelsel te wyte is nie, is wanneer verval gereeld in dele van ’n land voorkom terwyl ander dele floreer.
Video: Grappige video van hond wat met vlag vlug
“Dit lyk of ek ʼn branderplankryer in die straat af jaag!”
Resep: Tropiese roomys met sitrusstroop
Tuisgemaakte roomys is darem net lekkerder!
Podlitiek: Dagga, verkiesingvoorspellings en ’n stimuluspakket
Net omdat dagga nou wettig is, beteken dit nie dat die Podlitiek-span kans sien om te ontspan nie – want hulle besef goed, waar daar ʼn rokie is, is daar gewoonlik ʼn vuurtjie.
Nuwe inligting oor vermiste bejaarde van Welkom
“Selfs die polisie is stomgeslaan oor die saak. Dit lyk asof my pa net by die huis uitgeloop het. Ons weet nie.”
SA se top-universiteite volgens wêreldranglys
Kyk hier watter Suid-Afrikaanse universiteite die lys gehaal het.
Waterbeperkings in Rustenburg ingestel
Volgens ʼn munisipale woordvoerder moes noodbeperkings noodgedwonge geïmplementeer word om te verhoed dat die dorp se krane leegloop.