Edinburgh het wel sedert 6 April vanjaar nog nie tuis verloor nie, maar die Cheetahs kry Vrydagaand (20:35) op Murrayfield die geleentheid om ʼn span te takel wat in die nuwe 2018/19-seisoen drie van hul vyf wedstryde verloor het.
Lees meerAlles vir Donderdag 4 Oktober 2018
Honderde beseer toe passasierstreine bots
Verskeie nooddienste het Donderdagaand na die Van Riebeeck‑treinstasie in Kempton Park gehaas ná gerugte van ʼn baie ernstige treinongeluk.
‘Minder praat, meer doen’, sê NVP oor werkberaad
Die NVP het ʼn beroep gedoen vir ʼn jeugwerkloosheidstoelaag vir gegradueerdes wat werk soek. “Dit is ʼn feit dat jongmense ʼn hele klomp agterstande ervaar wanneer dit by toegang tot werksgeleenthede kom.”
Goue Beker-houer sneuwel in WP-halfeindronde
Die verdedigende kampioen in die SA Rugbyunie (Saru) se internasionale oop klub-reeks om die Goue Beker is in die halfeindronde van die Westelike Provinsie se Superliga A uitgeskakel.
Vrou wat Trollip belaster toe nié Donderdag gevonnis
Die vrou is verlede week skuldig bevind nadat sy beweer het Trollip het haar omkoopgeld aangebied om feite in te win oor die voormalige DA- provinsiale voorsitter Veliswa Mvenya waarmee dié swartgesmeer kon word.
Ekstase oor taktiese reaksiespan in misdaadgeteisterde Westbury
Cele het bygevoeg as bendelede ʼn oorlog wil hê, staan dit hulle vry om die taktiese reaksie‑eenheid uit te daag aangesien hulle die “ware Jakob” ontvang het en nie “rubberkoeëls” nie.
Finale waarskuwing vir konstabel ná hy glo swanger vrou verkrag
Die konstabel het toe glo vir seksuele gunsies gevra in ruil daarvoor dat die vrou nie in hegtenis geneem word nie.
ToekomsVenster: Geloof en gehoorsaamheid
Soos die lewe en asemhaal met mekaar saamhang, hang geloof en konkrete dade van gehoorsaamheid met mekaar saam.
Die wêreld in foto’s – 4 Oktober 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Man gevonnis vir 95-jarige se verkragting, moord
Die 95-jarige vrou is later dood weens rookinaseming nadat haar aanvaller haar kombuis aan die brand gesteek het.
Video: Jakkie Louw se raad aan matrieks
“Jou studies kan niemand ooit van jou af wegvat nie,” is bekende sanger en liedjieskrywer, Jakkie Louw, se wyse raad. Hy het ‘n spesiale videoboodskap met matrieks gedeel.
TV-sakevrou in beskuldigdebank oor taks
Sy was in 2013 die eerste ambassadeur buite Amerika van die Amerikaanse skoonheidshuis Revlon en was die Brasiliaanse skoenvervaardiger Ipanema se Afrika-ambassadeur.
Stappers op Tafelberg beroof, vasgebind
Vier mans is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering Donderdagoggend ʼn groep stappers op Tafelberg oorval en beroof het.
Meer as R16 miljoen vir ʼn bottel whisky
Die wêreld se duurste bottel whisky is Woensdag by ʼn veiling in Skotland verkoop vir £848 750 (byna R16,2 miljoen).
Man sterf toe motor in rivier beland
Paramedici asook soek-en‑reddingspanne het die motor onderstebo in die rivier aangetref.
Rassie se waagstuk met Flo Louw
Dit verg darem baie van ʼn speler wat in 58 van sy 61 toetse flank gespeel het, om die wêreld se voorste agtsteman aan te durf.
Gooi Kerspakkies nou al in pos
“Suid-Afrika ervaar op die oomblik bitter min vertragings met posstukke wat die land verlaat, maar die pakkies moet tydrowende klaringsprosedures ondergaan in die land waarvoor dit bestem is.”
Drie enkele ure ná kaping vasgetrek
Drie mans wat Donderdag in die vroeë oggendure na bewering ʼn koerierpaneelwa gekaap en daarmee op die vlug geslaan het, is ná ʼn hoëspoedjaagtog met die Gautengse polisie vasgetrek.
Ma van gewonde GPF-lid goed keelvol
“Dit help nie ons sê net ‘shame’ nie. Dit gaan niks verander nie. Die enigste ding wat sal help, is as mense sê hulle is nou keelvol.”
Vermiste seun se liggaam gevind
“Sy liggaam het sowat twee km noord van Zinkwasi-strand uitgespoel,” het nooddienste gesê.