As jy nie respek vir besit het en nie wil leer nie, sal jy nie wen nie.
Lees meerAlles vir Vrydag 5 Oktober 2018
Klasse hervat Maandag by TUT-kampus
Akademiese aktiwiteit hervat Maandag (8 Oktober 2018) by die Tshwane Universiteit van Tegnologie se twee Soshanguve-kampusse.
Boekhouer het van weeskind ‘gesteel’
Die kommersiële misdaadhof in Port Elizabeth het Vrydag gehoor ʼn munisipale werknemer van Nelson Mandelabaai moet tot lang tronkstraf gevonnis word omdat sy meer as R1 miljoen gesteel het wat ʼn weeskind moes toekom.
‘Shutdown’-betogings brei uit na Ennerdale
Die polisie het Vrydag gesê die situasie is oorwegend kalm in bruin informele nedersettings waar betogings teen “marginalisering en verwaarlosing” plaasvind.
Meer as 1 000 nog vermis ná aardbewing in Indonesië
Volgens die Verenigde Nasies het nagenoeg 200 000 persone dringende humanitêre bystand nodig en meer as 1,5 miljoen is deur die ramp geraak.
Pionierskool: Sien is glo, maar voel is wragtig!
Kinders sien van kleins af hoe mamma skottelgoed was, hoe ʼn mens ʼn fiets trap, hoe jy swaai of hoe jy jou mes en vurk vashou. Ons kleintjies leer so sien-sien, deur die wêreld om hulle fyn dop te hou en na te boots. Hul lewensverhale ontvou as’t ware soos ʼn pragtig geïllustreerde storieboek voor hul verwonderde ogies. Kinders wat siggestremd is, kan nie uit hierdie voorbeeld, hierdie pragtige prentjieboek leer nie. Maar hulle kan – met die vorming en onderskraging wat die Pionierskool vir siggestremde leerders bied – droom, leer en dóén.
Polisiebeamptes vas oor Vanderbijlpark-moord en marteling
Agt polisiebeamptes, twee vroue en ses mans, is Vrydag deur Opod in hegtenis geneem in verband met die marteling en moord op ʼn Nigeriese man in Oktober 2017.
ToekomsVenster: Alles is deursigtig
Mense kan ʼn rat voor die oë gedraai word maar nie die Heilige Gees nie. Alles is deursigtig in sy heilige teenwoordigheid.
Ongewone bundel oor geloof bekend gestel
‘n Ongewone bundel oor die aard en inhoud van geloof, getiteld Die braambos bly brand, is Vrydagmiddag by die Aardklop-kunstefees in Potchefstroom bekend gestel.
Vrou gevonnis oor tweejarige se moord
ʼn 31-jarige vrou is in die Balfour-streekhof in Mpumalanga gevonnis op aanklag van die moord op haar suster se tweejarige dogtertjie.
’n Onderwyser
“Nietemin berus daar ʼn groot verantwoordelikheid op jou skouers. Jy moet bereid wees om jou hart en siel in jou werk, nee, roeping, te stort.”
Biblioteke se slim plan help duisende boeke terugkry
Binne twee weke is 13 432 boeke en DVD’s ter waarde van R2,7 miljoen aan biblioteke terugbesorg.
Moordkomplot teen Mugabe onthul
Die inligting oor uiters geheime recce-operasies uit die see het aan die lig gekom tydens ’n bespreking van Arnѐ Sönderlund en Douw Steyn se boek Ystervuis uit die See tydens die Aardklop-kunstefees wat tans in Potchefstroom plaasvind.
Nene aan SA: ‘Ek is jammer oor Gupta-vergaderings’
“In ruil vir die vertroue wat julle in my geplaas het, is ek dit aan julle verskuldig dat my gedrag as ʼn openbare amptenaar bo verdenking moet wees. Maar ek is ook ʼn mens en ek maak ook foute, insluitend dié van swak oordeel.”
ANC-hoë gevonnis vir moord, ontvoering
Ná onbehoorlike gedrag van sommige ANC-lede het die regter opdrag gegee dat net ʼn spesifieke aantal mense toegelaat sal word om die vonnisoplegging by te woon.
Die wêreld in foto’s – 5 Oktober 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Vier plaaslike gunstelinge in Oktober in Gauteng
Wynliefhebbers, geklee in die fees se wit-en-pers-kleurskema kan die dag omkuier terwyl hulle proe aan van die beste pinotage-wyne in Suid-Afrika.
Saru en kleiner bonde steeds haaks oor geld
Die SA Rugbyunie (Saru) en van die kleiner provinsiale bonde is steeds haaks oor die bedrag geld wat die nasionale liggaam aan die bonde oorbetaal.
Vriend kom op bejaarde se liggaam op kleinhoewe af
ʼn Saak van moord word ondersoek.
ʼn Verwoestende fokus op die verlede
Dan gaan William Nicol, John Graham en Magrietjie ons uitlag en herinner dat dié wat nie die geskiedenis onthou nie, gedoem is om dit te herhaal, skryf die student Monica Mynhardt oor die onlangse naamsveranderinge wat aangekondig is.