Die afskopronde van Wêreldrugby (WR) se Amerikas-Stille Oseaan-uitdaagreeks (APC) Saterdag in Montivideo, Uruguay, het skok op skok opgelewer.
Lees meerAlles vir Sondag 7 Oktober 2018
Gewese Sharks-speler kry 16 in Franse reeks
ʼn Gewese Sharks-speler het het 16 punte vir sy Franse klub in die jongste ronde van die Pro D2-liga behaal.
All Blacks se Cane bly in SA agter ná hy werwel in sy nek gebreek het
Sam Cane, die All Blacks se baljagter wat die skoene van Richie McCaw effektief volgestaan het, sal maande lank nie rugby kan speel nie en kan dalk selfs die Wêreldbeker-toernooi in September aanstaande jaar misloop.
Zoeloe-koning eis waarborge van Ramaphosa oor grondhervorming
Grond wat aan die Zoeloe-nasie behoort sal nie deur die nasionale regering onteien word nie, het die Zoeloe-koning Goodwill Zwelithini Sondag aan duisende persone gesê wat die jaarlikse Shakadag-vieringe in Durban bygewoon het.
ANC verkwis R75,6 miljard in 2017/18, sê DA
Die ANC-regering het in die 2017/18 ongeveer R75,6 miljard verkwansel in onreëlmatige en verkwistende uitgawes, het die Demokratiese Alliansie Sondag gesê.
De Lille gaan Faul vir R1 miljoen dagvaar
Die uittredende burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille, is van voornemens om die sakeman Anthony Faul vir R1 miljoen te dagvaar vir naamskending.
SA viertal tree na vore met wegholsege in Japan
Vier Suid-Afrikaanse spelers het sterk op die telbord na vore getree in die gewese Springbokafrigter Jake White se span, Toyota Verblitz, se wegholsege van 52-7 oor Munakata Sanix Blues in die jongste ronde van die Japanse Topliga.
Man sterk aan ná buffel hom gaffel
Leon Jacobsz sterk aan ná ʼn buffel hom Saterdag op ʼn wildsplaas in Wakkerstroom, Mpumalanga, gegaffel het.
Namibië beplan om afwesige grondeienaars te onteien
Namibië sal binnekort begin om grond van afwesige eienaars – van wie meeste in Duitsland bly, te onteien, het pres. Hage Geingob tydens ʼn grondherformingskonferensie in Windhoek gesê.
Bokke wys die All Blacks se swakplekke uit
Die Springbokke gaan die All Blacks nog baie slapelose nagte besorg voor aanstaande jaar se Wêreldbekertoernooi in Japan.
Gift of the Givers-vrywilliger sterf in kruisvuur van bendeskietery
ʼn Jong vrywilliger van Gift of the Givers is dood toe hy in die middel van kruisvuur beland het van twee bendes in Hanoverpark in Kaapstad.
Banksy-skildery vernietig self net ná veiling
Dis miskien Banksy se mees gewaagde poets ooit. Een van sy bekendste werke het outomaties vernietig net ná dit vir meer as £1 miljoen op ʼn veiling verkoop is.
Groot boerpot, en toe begin alles skeefloop
Daar is gedurig stories oor teenspoed wat mense tref net nadat hulle ʼn groot boerpot gewen het…
Twee beseer toe hulle by waterval afval
Twee persone is beseer toe hulle by die Karkloof-valle in die KwaZulu-Natalse Middellande geval het.
Gauteng benodig minstens 142 nuwe skole
Intussen het die Skoleondersteuningsentrum (SOS) sy eie ondersoek van stapel gestuur om te probeer bepaal presies hoeveel skole daar wel in die afgelope jare in die provinsie gebou is.
Nzimande versoek om oor Prasa se veiligheidspermit in te gryp
“Dit kan daartoe lei dat Metrorail se bedrywighede landswyd tot ʼn stilstand kom.”
Sersant sterf toe dwaalkoeël hom tref
ʼn Sersant van die polisie, wie se naam weerhou word totdat sy naasbestaandes in kennis gestel is, is dood toe ʼn dwaalkoeël hom by ʼn kitskosrestaurant op die M2-snelweg in Cleveland, Gauteng getref het.
‘Mees gesoekte’ verdagtes in Jhb aangekeer
Agt verdagtes is die afgelope naweek in Westbury, Johannesburg, in hegtenis geneem wat op die polisie se “mees gesoekte”-lys verskyn.
Wallabies hou aan baklei teen die Poemas
Tagtig minute.
EFF ‘gereed om te regeer’ – Shivambu
Die Ekonomiese Vryheidsvegters is van voornemens om die momentum van die party se onlangse oorwinnings in VSR-verkiesings oor die land heen te gebruik om die tweede grootste politieke party in die land te word, het Floyd Shivambu, adjunkleier van die EFF, gesê.