Die tweede oudste lewende Springbok is Sondag by sy huis in Bloubergstrand aan ʼn hartaanval oorlede.
Lees meerAlles vir Dinsdag 9 Oktober 2018
Denel bevestig salarisse is in die weegskaal
Solidariteit het vandag formeel van Denel verneem dat salarisbetalings vanaf Oktober 2018 weens ʼn kontanttekort in die weegskaal is.
Staatsamptenaar vertel van druk oor Gupta-visums
Ronald Steyn, ʼn senior beampte in die departement van binnelandse sake, het Dinsdag aan LP’s gesê hy is uitgevra oor die vordering van visumaansoeke van die Gupta-familie voor hy twee jaar gelede sonder enige verduideliking van die hoë kommissie in New Delhi oorgeplaas is.
Nigeriese pastoor weier om te pleit op aanklagtes
Die Nigeriese pastoor Timothy Omotoso (58) het Dinsdag geweier om te pleit op die 63 aanklagte teen hom toe verrigtinge uiteindelik in die hooggeregshof in Port Elizabeth kon begin.
Namibiese president sê oor wittes en grond
Namibië worstel met dieselfde grondkwessies as Suid-Afrika, maar die verskil in benadering waarmee die Geingob-regering die kwessie takel, was uit die president se toespraak duidelik.
Departement gereed vir eindjaareksamen
Die departement van basiese onderwys het Dinsdag gesê hy het nasionale veiligheidsdienste betrek om hom te help met die administrasie van vanjaar se matriekeindeksamen.
Gupta-hoofamptenaar willig in om te getuig
Die hoofamptenaar van die Gupta-maatskappy Oakbay Investments, Ashu Chawla, sal binne die volgende twee maande getuig voor die parlementêre portefeuljekomitee oor binnelandse sake se ondersoek…
Mboweni ingesweer as minister van finansies
Tito Mboweni, voormalige president van die Reserwebank, is Dinsdag ingesweer as die nuwe minister van finansies ná Nhlanhla Nene se bedanking.
ToekomsVenster: ’n Klein vuurtjie
Mens kan die onbeheerste misbruik van die tong vir watter rede ook al nooit regverdig nie.
Nene bedank as minister van finansies
Nhlanhla Nene, minister van finansies, het Dinsdag uit sy amp bedank.
Polisie ondervra talle oor stasiebrande
“Ek voel verplig om te sê ons kan nie die moontlikheid buite rekening laat nie dat die stelsel gesaboteer word … oudbestuurders is ontevrede oor die manier waarop hulle gehanteer is.”
Die wêreld in foto’s – 9 Oktober 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Klag ná werknemer in ‘stouthoekie’ moet staan
Foto’s van die vrou wat met die plakkaat in die winkelvenster staan, het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.
Treine brand terwyl Prasa planne maak
“ʼn Mens kan met reg vra of die minister wag vir ʼn algehele ineenstorting van ons stedelike treindienste voordat hy sal optree.”
Zoeloe-koning kondig vennootskap met AfriForum aan
“Dit is vir ons belangrik om samewerkingsvennote oor ʼn wye front te kry en so ’n breë koalisie te vorm teen onteiening sonder vergoeding.”
Drawwer kom op welpie af
Uitlanders wat nie seker is hoe dinge in Suid-Afrika lyk nie, wonder soms of die leeus sommer so in die strate rondloop. ʼn Drawwer in Nederland het egter Sondag op só verrassing afgekom.
Gesin ná plaasaanval: ‘Ons gaan nêrens heen nie’
“Ons is lief vir ons land en gaan beslis nie ons land of ons huis verlaat ná wat met ons gebeur het nie.”
Kurt Darren teen ʼn vinniger pas 24 kg ligter
Kurt Darren vertel meer oor sy gewigsverlies, sy gesin se verhuising van die Kaap terug na Pretoria en goeie nuus vir aanhangers.
Video: Drama in hof waar pastoor verskyn
Die vrou het geweier om die hofgebou te verlaat en het geskree en geskop terwyl beamptes haar by die gebou uitgedra het.
Varsgebekkig: Loopwêreld
“Loopwêreld” is een van die uitdrukkings wat as deel van VivA se Varsgebek-inisiatief ingestuur is.