“Jy kry net een kans om ʼn eerste indruk te maak,” het my pa altyd gesê. En die nuwe Harley-Davidson FXDR 114 het sy kans om my te beïndruk nie verspeel nie.
Alles vir Dinsdag 9 Oktober 2018
Boek: Die ridder Buik-op-den-Bodem
Die humor van Gilles Bachelet betower met hierdie vredeliewende fabel, wat met heerlike verwysings na die alledaagse lewe wys wat regtig belangrik is en wat eerder tot môre kan wag.
Vandag se sportnuus
Die Bokke het tweede in vanjaar se Rugbykampioenskap geëindig en was tien punte agter die All Blacks.
Vrou vrygespreek oor man se moord
Regter Igna Stretch het gesê kruitoorskot op die beskuldigde se hand kan nie gebruik word as die hoofrede vir skuldigbevinding nie.
Toyota SA: Stakers se bewerings ‘is onwaar, lasterlik’
Numsa voer aan hy is met geen ander keuse gelaat as om te begin staak nie aangesien die bestuurspan by Toyota SA “moedswillig weier om met ons in gesprek te tree oor ons eise”.
Seuntjie steeds in gevaar ná fratsongeluk
“Die dokters hou hom in ʼn koma, want hy het te seer gekry om dit nou al te hanteer. Dis eintlik net ʼn wonderwerk dat Henry nog leef.”
Pa en seun in veldbrand vasgekeer: Jong man sterf
“Rus in vrede, Henry. Ons groet jou vanaand met ʼn swaar hart.”
Gedagte vir die dag: Hoekom gebed?
Laat ons met ons hele hart ons hande na God in die hemel uitsteek. (Klaagliedere 3:41)