’n Veilige emosionele band is baie sterk, tog ook baie broos – dit is iets wat altyd in stand gehou moet word, selfs tot kinders tieners is en later uit die huis trek.
Alles vir Donderdag 11 Oktober 2018
‘Sekspastoor’: Hof hoor skokgetuienis van misbruik, manipulasie
Sy het beskryf hoe die pastoor stukkies kos en lekkers na hulle sou gooi terwyl die vroue hom aan sy voete sou prys en hom “onbehoorlik” druk. Omotoso se vrou het gelag terwyl die beweerde slagoffer getuig het.
Boek van die maand: ‘Die daggaboer’ deur Jean-Pierre de Kock
Duidelik beteken ontvlugting allermins dat jou lewe rimpelloos of sonder spanning gaan verloop. Veral as jy boer én handelaar wil wees. Én buitestander.
Ouers stukkend ná baba skielik sterf: ‘Ons het nie antwoorde nie’
“Jy bid en bid – die hele land het vir my kind gebid – maar dit het net erger geword. Ek wil net nie hê ander ma’s moet deurmaak wat ons nou deurmaak nie.”
Taxibestuurder vas ná padgebruikers ingryp
“Fantasties! Ek is mal daaroor! Welgedaan.”
Video: Ondersoek na besope korrektiewe beampte
In die video kan die beampte ook nie ʼn verduideliking gee waar sy diensvuurwapen is nie.
VBS-verslag: EFF soek stappe, maar sê niks oor Floyd se broer
Die EFF het heftig reageer op die Reserwebank se verslag oor die beleërde VBS Mutual Bank, maar egter geswyg oor Floyd Shivambu, adjunkpresident van die party, se broer wat in die verslag genoem word.
Vandag se sportnuus
Die laaste rondomtalie-wedstryde van die Curriebekerreeks word die naweek afgehandel en die Bulle het intussen bekend gemaak dat die Blitsbok, Rosko Specman, aanstaande jaar vir die Bulle sal uitdraf.
Pad(stal) na jou hart – die lekkerste padstalle in SA
Wat sou die langpad wees sonder ’n fles boeretroos, ʼn versameling lekker-luister liedjies en natuurlik, ’n padstal? ʼn Padstal is so eie aan Suid-Afrikaner-wees soos ’n braai op ’n Saterdagmiddag. Hier is ‘n lys van die lekkerste invalplekke reg oor die land vir jou volgende langpadvakansie!
3-jarige bewusteloos in swembad gevind
Paramedici is Woensdagaand na ʼn huis in Elspark, Germiston, ontbied nadat ʼn driejarige bewusteloos in ʼn swembad gevind is.
Wees anders en leer!
Hou matriekvakansie ná die eksamen, sê Wynand en Lindie van die bekende groep Anders.
Boek: Tillie Appelpit – Die lappieskombers
Eendag bring haar vriendin opwindende nuus… daar is ʼn groot naaldwerkkompetisie op die dorp met uitstekende pryse om te wen!
11 vas oor betogings in Ventersdorp
Minstens 11 persone is in hegtenis geneem in verband met gewelddadige betogings Woensdag in Ventersdorp, Noordwes.
Sassa-staking beïnvloed nie betaling van toelaes, sê poskantoor
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor verseker mense wat Sassa-toelaes ontvang dat die staking deur enkele Sassa-personeellede nie ʼn invloed op vandeesmaand se betaling van Sassa-toelaes het nie.
Polisieman in PE doodgeskiet
ʼn 36-jarige polisiekonstabel van die Mount Road-speureenheid in die Oos-Kaap is Woensdagmiddag doodgeskiet.
Mpuma-pastoor in hof oor 15-jarige se verkragting
ʼn 28-jarige man sal na verwagting Donderdag in ʼn hof in Mpumalanga verskyn op een aanklag van aanranding en twee aanklagte van die verkragting van ʼn 15-jarige meisie wat ook ʼn lid van sy kerk is.
Man in hof oor oupa, kleindogters se moord
ʼn 45-jarige man het Woensdag in ʼn hof in Limpopo verskyn op drie aanklagte van moord, poging tot moord en brandstigting ná die moord op drie mense, twee dogtertjies en hul oupa.
Grondwetlik al dan nie, regstellende aksie moet val
Die SA Menseregtekommissie (MRK) se publisering van sy jongste verslag oor gelykheid en regstellende aksie asook die voorlegging daarvan in die parlement het effens weggeraak tussen al die geroesemoes van, onder meer, onteiening sonder vergoeding en die velerlei ander politieke kwessies vanjaar, skryf Eugene Brink.
Gedagte vir die dag: Ware berou
Droefheid volgens die wil van God bring bekering wat tot redding lei. (2 Korintiërs 7:10)