Twee Skandinawiese lande het vir groot skokke in die afgelope week se ronde van die Rugby Europa se reekse gesorg.
Lees meerAlles vir Sondag 14 Oktober 2018
Ackermann se span keer indrukwekkend terug
Die Engelse klub Gloucester, wat deur die Springbok Johan Ackermann afgerig word, het Sondag ʼn indrukwekkende terugkeer tot die topklubreeks in Europa gemaak.
Bejaarde sterf, drie ander beseer in huisbrand
ʼn Bejaarde vrou is dood en drie ander mense beseer in ʼn huisbrand Sondagoggend.
Fietsryer se liggaam langs pad aangetref
“Die polisie was reeds op die toneel en het aangedui dat die voertuig wat die man getref het die toneel verlaat het voordat enigiemand daar opgedaag het.”
Jaagduiwel ‘op pad na vergadering’ vasgetrek
Die man, in ’n BMW, het aangevoer hy is haastig op pad na ’n vergadering.
Twee uit SA kry amper al Japan-span se wenpunte
Twee Suid-Afrikaners het vir byna al Kubota Spears se punte gesorg in sy naelskraapse oorwinning van 26-24 oor Toshiba Brave Lupus in die Japanse Topliga.
Waar sal Bulls hul afrigter kan gaan soek?
Dis nie net die Suid-Afrikaanse spelers wat oorsee woel nie. Die lysie van Suid-Afrika se heel voorste afrigters wat hul brood in die buiteland verdien, maak interessante leesstof.
Krieket: Reën het die laaste sê in die T20-reeks
Die derde en laaste T20-wedstryd tussen Suid-Afrika en Zimbabwe is Sondag in Benoni afgelas weens reën sonder dat ʼn bal geboul is.
Kamptragedie: ‘My lief, hardloop vir jou lewe!’
“Ek het hom gesien, hy moes hard baklei het, want sy palms was ook vol snymerke soos ons vermoed hy die mes probeer gryp het. Hy was so ʼn goeie mens. Almal met wie jy sou praat wat hom ken, sal vir jou sê hy is die beste, daar is niemand beter as hy nie.”
Noordwes-polisie haal uit en wys
Die polisie het in twee dae meer as 200 verdagtes vasgetrek.
Nuwe NDOV: Ramaphosa stel paneel aan om te help met besluit
Pres. Cyril Ramaphosa het ʼn paneel aangestel wat hom kan help om geskikte kandidate vir die pos van Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging (NDOV) te identifiseer.
AfriForum praat internasionaal oor plaasmoorde
“Die Suid-Afrikaanse regering en veral pres. Cyril Ramaphosa se blatante ontkenning van plaasmoorde word deur die meeste hoofstroomrolspelers hier as ’n skande beskou.”
Klein Henry verloor sy stryd
Henry Bosman (5), die seuntjie wat verlede Donderdag ernstig beseer is toe hy onder ʼn laaigraaf beland het, het gesterf.
Tutu uit hospitaal ontslaan, net betyds vir vrou se verjaardag
Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu is uit die hospitaal ontslaan – net betyds vir sy vrou, Leah, se verjaardag vandag.
Kampnaweek eindig in moordtragedie
ʼn Man (58) is Saterdagaand wreedaardig vermoor en sy vrou (52) met ʼn hamer aangerand terwyl hulle gekampeer en visgevang het.
VBS-skandaal: Shivambu ontken R10 miljoen
Die Reserwebank het vandeesweek ʼn plofbare verslag deur adv. Terry Motau, getiteld “The Great Bank Heist”, uitgereik. Dit verstrek besonderhede van hoe R1,894 miljard in ʼn tydperk van drie jaar van die bank geplunder is.
’n Wonderlike opoffering
Wanneer ons na ander gelowe gaan kyk, sien ons dat die mensdom na God soek. Maar in Christenskap, sien ons dat God na ons soek.
Die Bybel wys dat ons sonde ’n skeiding gemaak het tussen ons en God wat nie gevul kan word deur goeie dade nie. Ek het God gereeld op daardie manier probeer vind. Ek het God se hart probeer wen deur myself te forseer om gereeld te bid en die Bybel te lees, kerk toe te gaan en goeie werke te doen.
Sewe dood, 11 beseer toe motor, taxi én vragmotor bots
Sewe mense is dood en nog 11, van wie ses kritiek, beseer ná ʼn botsing op die R74 buite Bergville in KwaZulu-Natal.
Gedagte vir die dag: Die brood van die lewe
Toe sê Jesus vir hulle: “Kom eet.” (Johannes 21:12)