Hier is ʼn eerste A tot Z-blik op staatskaping:
Alles vir Maandag 15 Oktober 2018
‘Wees soos ʼn buffel. Laat sak jou kop en gáán!’
Taylor van Staden se lewe was ʼn gemors. Dit het só woes gegaan by die huis, dat sy in graad 10 van haar ouers weggeneem en na die Abraham Kriel-kinderhuis geneem is. Maar sy het haar nie laat onderkry nie. Hier is haar boodskap aan alle matrikulante.
Varsgebekkig: Klein klippies rondskop
Ken jy die uitdrukking “klein klippies rondsokop”? Maak seker dat jy jouself nie hieraan skuldig maak nie!
Meisie (16) glo tydens aanval ontvoer
ʼn Sestienjarige meisie is glo Maandag in die vroeë oggendure ontvoer toe gewapende aanvallers op haar ouerhuis in ʼn plattelandse gebied naby Fort Beaufort in die Oos-Kaap toegeslaan het.
Wen: ‘Afrique mon désir’ by die Fugard-teater
Die wêreldmusiek-produksie ‘Afrique mon désir’ met Laurinda Hofmeyr word op 18, 19 en 20 Oktober by die Fugard-teater in Kaapstad uitgevoer. Drie gelukkige lesers kan elkeen ʼn dubbelkaartjie na dié vertoning wen.
Vandag se sportnuus
Die laaste rondomtalie-wedstryde van die Curriebekerreeks is dié naweek gespeel en al drie wedstryde is deur die besoekende spanne gewen. Saterdag het Bafana Bafana egter ʼn groot oorwinning in hul Afcon-kragmeting behaal.
Hoe die VBS-skandaal die EFF kan benadeel
Hoe die party die kwessie hanteer, kan ‘n groot invloed hê op sy ondersteuningsvlakke en sy vertoning in aanstaande jaar se verkiesing.
Boek: 50 blertse blou
Hy spot met onder andere aktuele sake in Suid-Afrika.
Graad teer die pad van kinderhuis tot balie
Die pad na sukses is die meeste van die tyd moeilik, maar Rochelle glo waar daar ʼn wil is, is daar ʼn weg. “As jy hard genoeg werk is enige iets moontlik. Hoe harder jy werk, hoe meer gaan jy die eindresultate waardeer.”
Ramaphosa: ‘Grondhervorming beweeg nou met spoed’
“Soos ons geskiedenis maak, begin ons ook met die grootskaalse implementering van grondverdeling in ons land – ons gaan grond op ʼn massiewe skaal teruggee.”
Twee kinders dood, nog twee kritiek toe weerlig tref
Twee kinders is dood en nog twee is in ʼn kritieke toestand nadat hulle Sondagmiddag deur weerlig getref is.
Man vas ná Westbury-ma se skietdood
Die polisie se ondersoek en inligting uit die gemeenskap het hulle Sondagmiddag na ʼn huis in Krugersdorp gelei waar ʼn 32-jarige man in hegtenis geneem is.
Man (68) val na sy dood uit woonstelblok
“Volgens omstanders het die man glo van die balkon van ʼn woonstel op die tweede verdieping geval.”
Gedagte vir die dag: Ons getroue God
Dawid het by homself gedink: ek sal nog eendag deur Saul omkom. (1 Samuel 27:1)