Voëlvry word soms verkeerdelik verklaar as vry. Dit beteken eintlik die teenoorgestelde.
Alles vir Donderdag 18 Oktober 2018
Johann Botha: Uitspraak gelewer in moordsaak
Botha en ʼn vriend is koelbloedig voor omstanders doodgeskiet.
Borgtog vir pastoor wat van verkragting beskuldig word
Die pa van die 15-jarige het gesê hy is ontevrede oor die pastoor se vrylating, maar respekteer die hof se beslissing.
Die haker, die hakker en die Gordiaanse knoop
Een van die groot spelverwarrings in Afrikaans tree in by die woorde hak en haak. Hier is die oplossing.
SAID-grootkop spartel voort ná TV-onderhoud
Makheke-Mokhuane het op ʼn vraag oor wat sy bedoel het in haar voorlegging toe sy verwys het na die lang ampstermyne van SAID-werknemers, oor die Drakensberg Seunskoor begin praat.
5 wenke vir ouers van kinders wat met hul gewig sukkel
Die wêreld is dikwels ʼn eensame plek vir kinders wat oorgewig is. Hierdie kinders word dikwels deur hul maats uit die groep verstoot, gespot en dikwels geboelie. Ouers is dikwels raadop en weet nie hoe om die situasie te hanteer nie. Hier is ‘n paar wenke.
Foto’s: Matrikulant deel ‘spesiale dag’ met Down-sindroom-suster
“Dit het vir my daaroor gegaan dat sy nooit anders die kans sou hê om so ʼn dag te beleef nie. So ek wou my spesiale dag met haar deel.”
Ses kinders dood toe weerlig skool tref
Ouers het kort ná die voorval by die skool saamgedrom om hul kinders te identifiseer.
Ramaphosa se vraetyd uitgestel tot aanstaande maand
Dit kom nadat die president se besoek aan die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) ook vroeër die week uitgestel is.
18 betogers vas ná geweld in Oos-Kaap
“Ek is nie ten gunste daarvan dat mense geriewe aan die brand steek nie, maar as dit die manier is om die owerheid te oorreed om ons ernstig te neem, laat dit dan so wees.”
Vandag se sportnuus
In Europa slaan die spelers vanoggend af in die Andalucia Valderrama Meesters in Spanje. Agt Suid-Afrikaners sal in aksie wees.
Moet ek regtig verder as matriek studeer?
Dit gebeur gereeld dat ons hoor van multi-miljoenêrs wat geen verdere opleiding of kwalifikasies na matriek behaal het nie, en selfs in baie gevalle nie eens matriek het nie, en dan is ons geneig om te wonder of ons regtig verder moet gaan studeer.
Boek: Logika van die liefde
Emmerentia en Brent sukkel om by mekaar aanklank te vind, maar deur haar pa se toedoen word hulle male sonder tal saamgegooi en leer hulle mekaar algaande beter ken; daar vorm wedersydse begrip.
Jacuzzi-slagoffer ondergaan vierde operasie
Vog is gister tydens ʼn prosedure in Pretoria se Steve Biko-hospitaal van André van Huyssteen (30) se brein gedreineer.
Tukkies se regsfakulteit beste in Afrika
Die enigste ander Suid-Afrikaanse en trouens Afrika-universiteit in die top-100 is die Universiteit van Kaapstad, net een plek onder Tukkies in die 77ste plek is.
Podlitiek: Floyd en VBS, selfdoen is bes en Pik Botha – ’n vinnige les
In vandeesweek se episode pak die Podlitiek-span oudergewoonte talle belaglikhede in die nuus aan – maar word darem verkwik deur ’n positiewe verwikkeling of twee.
Tweekuns vir gewese Kapenaar in Roemenië
ʼn Gewese Kaapse rugbyspeler het twee drieë in die jongste ronde van die Roemeense Superliga gedruk.
Kaapstad vra hofbevel teen busstakers
“Hulle het geen respek vir die inwoners van hierdie stad nie; nóg vir die duisende pendelaars wat staatmaak op die MyCiti-diens, nóg vir diegene wat hulle verlei het om aan die staking deel te neem.”
Anderkant die Ja-stem
Ons kan by Malan byvoeg en dit waag om te sê dat ons al meer oplossings op vandag se probleme kon gehad het as ons nie in die verlede vasgehaak nie. Daar moet debat wees – maar dit moet handel oor oplossings vir 2018 se probleme en nie oor 1992 se besluite nie.
Gedagte vir die dag: Groei in genade
Ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe. (Efesiërs 4:15)