“Ons het nie die roudiens geadverteer nie, maar ons verwag redelik baie mense.”
Alles vir Maandag 22 Oktober 2018
10-punt-plan om matriek lag-lag te slaag
Hier volg ’n eenvoudige, maar effektiewe plan om matriek kaf te draf.
Room van Suid-Afrika se skoolkore ding teen mekaar mee
“Die kompetisie het geweldig vanjaar gegroei. Kore wat deurdring na die finaal is op ’n hoë standaard en hul harde werk spreek vanself.”
Vir daai man in jou lewe: Rof en grof maar nie onbeskof
Hy is wilder as die wildtuin, growwer as skuurpapier. Hy kan ʼn mamba mak maak en sy vellies is gemaak van die leer van ʼn krokodil wat hy sommer met die hand gevang het. Hy skeer sy welige baard met ʼn beitel uit sy houtwerkkas. Leeus en luiperds sidder in sy geselskap. Hy verdien ʼn bietjie bederf.
Kleinhandelverkope bo markverwagtinge
Die plaaslike ekonomie het ’n dosis goeie nuus ontvang nadat Augustus se kleinhandelverkope-gegewens bo markverwagtinge presteer het. Konsensus onder markontleders was dat verwagte groei 0,3% sou beloop.
Vandag se sportnuus
Die halfeindstryde van die Curriebekerreeks is Saterdag beslis. Die eindstryd word komende naweek tussen die WP en die Sharks gespeel.
Man in oog geskiet toe geveg tussen groepe uitbreek
Die polisie sê na bewering het die drie verdagtes aanvanklik uit die geveg onttrek aangesien hulle in die minderheid was, maar later met pistole teruggekeer.
Polisie veroordeel gesinsgeweld, boendoegeregtigheid
“Gemeenskapslede moet ook ophou met die neiging om die reg in eie hande te neem.”
Familiedrama en intrige in Fynskrif
Vergeet maar van Boston Legal en Suits – hierdie regsdrama is spesiaal vir Suid-Afrikaanse gehore geskep.
Uitdrukking: met vlieënde vaandels
Hoekom sê ons iemand het “met vlieënde vaandels” geslaag? Taaltoffie stel ondersoek in
Verbruikersake: Adverteerders moet jou regte respekteer
Advertensies is gerig daarop om mense lus te maak om geld te bestee, maar advertensies mag dit net binne die grense van die Wet op Verbruikersbeskerming doen. Ina Opperman verduidelik wat verbruikers se regte is wanneer maatskappye adverteer.
SAUK se eerste oorsese radiouitsending
Dié uitsending van die eiland af sal steeds ʼn besondere plek vul in die Afrikaans radiogeskiedenis.
Die ANC se grootste mislukking
Sonder behoorlike onderwys gaan regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging (SEB) net op verdere mislukking en skade uitloop. Die gebrek aan menslike kapitaal is die ANC se grootste mislukking ná ’n kwarteeu in regering.
VSA verkiesings: Dis ’n referendum oor Trump
Wat ook al die uitslag: die verdeling in die VSA tussen links en regs gaan toeneem soos nog nooit tevore nie.
Stad help inwoners ná verwoestende brand
“Matriekleerders wat eksamen skryf, sal voorrang geniet om te verseker dat die departement van binnelandse sake hulp verleen met die vervanging van ID-dokumente en geboortesertifikate.”
Formule Een: Hamilton sal moet wag vir die Wêreldtitel
Die Amerikaanse Formule Een Grand Prix (die vierde laaste wedren van die seisoen) is Sondagaand in Austin afgehandel.
Man dood op plaas aangetref
“Sy gesin het na die plaas gegaan en toe sy erg aangerande liggaam aangetref.”
Trap (by) Sasol: Dis hoekom ek Donderdag Sandton se strate gaan toemaak
Donderdag 25 Oktober gaan ek my voetspoor voor Sasol se hoofkantoor in Sandton trap. Daar’s ’n rede waarom dit op ’n Donderdag is. Ek gaan hard trap; trouens, ek gaan my voete stamp, want ek is kwaad.
Transnet-hoof afgedank
“Gevolglik het die raad sy vertroue en geloof in mnr. Gaba se vermoë om Transnet as uitvoerende hoof te lei, verloor,” het Popo Molefe, voorsitter van Transnet se raad, gesê.
Gedagte vir die dag: Bome wat goed natgelei is
Die bome van die Here kry volop reën. (Psalm 104:16)