Die betogende leerders het onder meer geëis dat hulle nuwe gr. 11‑rapporte moet ontvang wat toon dat hulle geslaag het alhoewel hulle eintlik gedruip het.
Alles vir Woensdag 24 Oktober 2018
Hiér is SA se beste restaurante
Het jy al ooit by een van dié restaurante geëet?
Die dag wanneer jou bloed nie meer blou is nie
Dit was die goue jare van Noord-Transvaalse rugby, die tydperk tussen 1968 en 1991.
KZN-tesourie tree op teen ‘Mafia-groep’
Die twee groepe het die afgelope twee jaar ʼn reputasie opgebou dat hulle openbare en privaatgefinansierde konstruksiepersele betree en 30% van alle werk, tenders of werksgeleenthede eis.
SAID: R200 miljoen se inligtingstelsel ‘nooit geïmplementeer nie’
“Ek aanvaar ons het misluk, want niks wat ons gedoen het, is geïmplementeer nie en dit is vir my onstellend.”
Belangrike Curriebeker- én Pro14-week vir Cheetahs
Die Vrystaat Cheetahs en die Cheetahs-franchise het oor die volgende tien dae ʼn groot uitdaging wat nie net hul seisoen nie, maar ook hul korttermyntoekoms, sal bepaal.
Nog ʼn polisiebeampte vermoor
“Die moord op ons twee kollegas is ʼn weerspieëling van wat die polisie op ʼn daaglikse basis moet trotseer.”
SA bank derde beste bank ter wêreld
Die bank is nie net aangewys as die beste bank in Suid-Afrika, sowel as Afrika nie, maar ook as die derde beste bank ter wêreld.
Skok oor ‘godslastering’ in Engels-matriekvraestel
Talle Christene – leerders, ouers en onderwysers – het aanstoot geneem oor ʼn vraag in Dinsdag se matriekvraestel vir Engels eerste addisionele taal.
Poste by hospitaal glo verkoop vir geld, seks
“Die situasie was so sleg dat ʼn sluipmoordenaar gehuur is om die uitvoerende hoof van die hospitaal te vermoor – hy is egter gevang en is tans verhoorafwagtend.”
Nuuskommentaar: Die spaarvarkie-verrassing en Tito se Rubicon
Eenkant vloei die Rubicon kolkend en dreigend, en aan die ander kant blink die Trasimeense meer skynbaar rustig. Watter watermassa gaan minister Tito Mboweni vandag in sy mediumtermyn-begroting aandurf? Mboweni en Ramaphosa het geen ander keuse nie as om die Rubicon oor te steek en die stropingsreste van die byna tien jaar van Zuptakrasie met wortel en tak uit te roei – en dit kan nie net by praatjies en beloftes bly nie.
Studie: Private hospitale se verpleging ‘net so goor as dié van staatshospitale’
“Ons begrawe ons kop in die sand as ons dink verpleging in private hospitale is enigsins beter as in staatshospitale.”
CH2: ʼn Vinnige blaaskans net vir matrieks
Die talentvolle kitaar-duo CH2 het spesiaal ‘n paar note en woorde net vir matrieks!
Oorsaak van brand op wynplaas ondersoek
Die oorsaak van die brand wat Dinsdag pakkamers by Stellenbosch Vineyards vernietig het, word ondersoek.
Dalk die domste diewe ooit?
Die polisie het nooit kon dink dat hulle na die toneel sou terugkeer nie.
Hap saam met Lochner: Blomkool-en-soetmieliegereg
Kyk wat maak Lochner de Kock dié week.
Mediumtermynbegroting 2018: Dit gaan alles oor die skuld
Russell Lamberti, ’n hoofstrateeg by ETM Macro Advisors, verduidelik waarna Suid-Afrikaners moet oplet in Woensdag se mediumtermynbegroting:
Stappe kom teen ANC-man wat nie pos wil ontruim
Die ANC gaan stappe doen teen ʼn raadslid wat weier om sy pos as burgemeesterskomiteelid te ontruim nadat hy tot tronkstraf gevonnis is.
Oud-Valk volg 17 punte met 18 op in Franse liga
ʼn Gewese Valke-speler het Sondag, in opvolging van ʼn vorige keer se 17 punte, nóg 18 in die Franse Federale 1-liga opgestapel
Gedig: Gebed van ʼn groen perske
“…bewaar my dan teen die hael teen die steek van die son…” Annesu de Vos se gedig, “Gebed van ‘n groen perske”