Nóg drie nuwe spelers in die Springbokspan, steeds ʼn mate van onsekerheid oor die beskikbaarheid oor van die oorsese spelers, die skok-insluiting van die slot van die Westelike Provinsie JD Schickerling en die veteraan-heelagter Gio Aplon, en die weglating van al drie Du Preez-broers, Robert (junior), Jean-Luc en Dan.
Lees meerAlles vir Saterdag 27 Oktober 2018
Curriebeker-eindstryd: Sharks verras die WP op Nuweland
Die rugby was tussen swak in die eerste helfte en so-so ná rustyd, maar die Curriebeker bly maar dié ding in Suid-Afrikaanse rugby.
FW geopereer, sterk aan in hospitaal
Hy sal na verwagting in die loop van die komende week ontslaan word.
Minstens vier dood in skietery in sinagoge
Blykbaar is vier mense doodgeskiet en nog vier gewond, onder wie twee polisiebeamptes.
Twee mans beroof, verkrag Baaise vrou (62)
Sy het dit reggekry om haar in die motorhuis toe te sluit, maar die mans, wat met messe gewapen was, het ook dié vertrek se deur oopgeskop en haar terug in die huis ingeneem.
It’s Time: Buchan praat oor droogte, misdaad en grond
“Hierdie grond was hier voor jou en hierdie grond sal nog hier wees wanneer ek en jy weg is. Hierdie grond behoort aan God.”
Bledisloe: All Blacks nie regtig deur die Wallabies getoets nie
Verlede jaar het die All Blacks die derde Bledisloe-toets teen die Wallabies verloor, maar Saterdag het die wêreld se beste span op ʼn (darem effens vinnige) drafstap die derde van vanjaar se drie in Yokohama in Japan met 37-20 gewen.
Kaapse bendespan behaal sukses
ʼn Uur later het die eenheid se lede Hillcrest Court in Nooitgedacht gepatrolleer toe hulle ʼn verdagte jong man gewaar wat begin hardloop het. Hulle het hom agternagesit, ingehaal en deursoek.
Duisende betoog om laaste lappie oeroue woud te red
Sedert 2012 woon tientalle aktiviste in sowat 80 boomhuise 25 m bo die grond in die laaste stukkie van die woud om dit te probeer red.
Video: ‘Ons wil deel wees van iets groots’
“Ons almal is bekommerd oor ons toekoms en die toekoms van ons kinders. Ons het ʼn ding soos hierdie nodig, waar ons almal nederig voor God bymekaarkom.”
Kroonprins praat eerste keer oor vrou se siekte
Die aandoening het nou so ʼn uitwerking op haar daaglikse lewe dat sy nie langer al haar ampspligte kan nakom nie.
Twee Kapenaars aangekeer oor meineed
Polisiebeamptes het reeds in die voorlopige ondersoek na die sake die meineed vermoed, ʼn bron van groot kommer vir die SAPD.
Dodetal in gru-botsing styg tot 15
Die botsing het Vrydagaand omstreeks 19:30 naby Matsulu op die nasionale pad tussen Mbombela en Malelane gebeur toe een van die bestuurders ʼn ander voertuig probeer verbysteek het.
‘Noodlanding’ toe polisie lus kry vir KFC
Tot Harington se verbasing het die vlieënier sy kospakkie geneem, daarvoor betaal, terug na die helikopter gestap en vinnig weggevlieg.
Foto’s: Derduisende stroom na It’s Time
Die gevoel van afwagting is byna tasbaar waar daar reeds derduisende mense saamgetrek het vir vandag se It’s Time-gebedsbyeenkoms. Pres. Cyril Ramaphosa sal ook die geleentheid bywoon.
Kings smyt wedstryd weg, Cheetahs soek hul eerste sege
Kan die Cheetahs Saterdag uiteindelik as ʼn wenspan van die veld stap?
Rolspelers in Afrikaans word vereer
“Die bewaring van ons erfenis is absoluut noodsaaklik, anders gaan dit uitsterf.”
Kraaie gaap heelnaweek oor weste van land
Die provinsies sal nog heelnaweek gebuk gaan onder ʼn hittegolf wat gepaardgaan met deurgaans hoë temperature oor die kusgebiede, Namakwaland, die Weskus, Boland, Klein-Karoo en Kaapse Skiereiland.
Agt verdagtes in bendeverkragting aangekeer
Agt mans is Vrydag in die prentjiemooi Duitse stad Freiburg in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ʼn 18-jarige vrou. Die polisie sê…
Bankkosteverslag lewer verrassing op
“Capitec Bank en Absa is net ʼn kortkop agter, en indien verbruikers ’n saldo van minstens R222 in hul rekening hou, is Capitec die goedkoopste.”