Nou kan jy ook spog met ʼn produk van egte leer en soos ʼn wafferse glanspersoonlikheid in die strate rondloop! Hierdie produkte van egte leer in Maroela Media se aanlyn winkel, Die Koöperasie, is net so ideaal vir daai geliefde wat jy graag wil bederf.
Alles vir Dinsdag 30 Oktober 2018
Nasaat van Paul Kruger op kleinhoewe doodgeskiet
“Drie gewapende mans het die huis omstreeks 02:00 deur ’n kombuisvenster binnegekom. Hulle het na die slaapkamer geloop waar die oorledene geslaap het en hom drie keer geskiet.”
Rohde-advokaat voor kinders doodgeskiet
Die slagoffer se agtjarige seun is tydens die skietery gewond en is in ʼn hospitaal opgeneem.
Refentse kraai weer koning op Top-20
Jay en Lianie May betree die week se Top-20 op nommer 17.
Die Triumph Tiger 800 XCA: ʼn Uitstekende middelgewig
Nadat ek die Triumph 800 XCA gery het, is ek van mening dat dit dalk die enigste avontuurfiets is wat jy ooit sal nodig hê.
Studies kan resessie teenwerk
Met die werkloosheidsyfer wat in 2018 oor die 6 miljoen strek, is dit belangrik om naskoolse studies te voltooi om ʼn beter kans te staan om jouself te posisioneer om ʼn goeie werk te kry, meen die span by die tersiêre instelling Akademia.
27 vas ná oproer in Boland
Die groep mense, blykbaar van die Kayamandi‑nedersetting, het bakstene gegooi, vullisblikke uitgekeer en munisipale amptenare met knopkieries gedreig.
Resep: Rooibos-ystee
Probeer om jou kinders gewoond te maak aan tuisgemaakte rooibos-ystee pleks van vrugtesap of suikergelaaide koeldrank.
‘Sekspastoor’: Hof sê vandag oor verdediging se aansoeke
Regter Mandela Makaula sal na verwagting uitspraak lewer oor die aansoek om verlof tot appèl om hom van die saak te onttrek sowel as sy weiering om die aanklagte teen Omotoso en sy medebeskuldigdes, Sulani en Sitho, terug te trek.
Boek: Die dag toe Ernst ʼn ertjie geëet het
Op ʼn dag, toe niemand kyk nie, eet hy egter een piepklein ertjie. Meteens begin die vreemdste dinge met Ernst gebeur!
Vandag se sportnuus
Die Springbokke speel komende Saterdag hul eerste wedstryd van hul toer in Europa en in gholfnuus sal drie voormalige Meesterskampioene van 22 tot 25 November aan die Gary Player‑uitdaagtoernooi by Lost City deelneem.
Luister: Wiele2Wiele gesels oor Kia se 20 jaar in SA
Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke.
Luister in 3 minute: Reaksie op mini-begroting en ʼn hofoorwinning
Drie sakekwessies wat die afgelope week opslae gemaak het, is Tito Mboweni, minister van finansies, se mediumtermynbegroting en ʼn hofoorwinning vir Sakeliga.
George-brande: Sterk winde vir vandag voorspel
Intussen het die Suid-Afrikaanse weerdiens (SAWD), volgens ʼn verklaring van die Tuinroete-munisipaliteit, om 04:00 Dinsdagoggend ’n waarskuwing uitgereik vir sterk winde (50-65 km/h) wat na verwagting vandag oor die tuinroete in die Mosselbaai‑, George‑, Knysna‑ en Pletterbergbaai-omgewing sal waai.
SAUK kondig moontlike reuse-afleggings aan
“Dié aksie behoort ʼn besparing van R440 miljoen per jaar tot gevolg te hê, selfs op primêre vlak.”
FW de Klerk uit hospitaal ontslaan
Die oudpresident het Saterdag ʼn operasie ondergaan.
Gedagte vir die dag: Almal soek na God
Soos ’n wildsbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o God. Ek dors na God, na die lewende God. Wanneer kan ek gaan en voor God verskyn? (Psalm 42:2-3)