ʼn Suid-Afrikaanse afrigter en sy span is Saterdag in Lodz, Pole, wreed deur die tuisspan in die reeks om die Rugby Europa-trofee ontnugter.
Lees meerAlles vir Saterdag 3 November 2018
Duitsland kies 12 uit SA vir Wêreldbeker-stryd
Duitsland het nie minder nie as twaalf spelers uit Suid-Afrika ingesluit in sy groep vir die Wêreldbeker-heruitdun wat Sondag oor ʼn week in Marseille, Frankryk, afskop.
Springbokke (weer) beroof, maar neerlaag was hul eie skuld
Daar gaan nog baie lank gestry word en woede en bitterheid wees oor die Australiese skeidsregter, Angus Gardiner.
Usain Bolt jaag steeds sy sokkerdroom na
Die voormalige Olimpiese naelloper Usain Bolt jaag steeds sy droom na om professioneel sokker te speel, ondanks sy onsuksesvolle poging om ʼn ooreenkoms met ʼn Australiese sokkerspan te bereik.
Duiker sterf tydens soektog na vliegtuigwrak
ʼn Indonesiese duiker is dood tydens ʼn soektog na slagoffers en wrakstukke van ʼn vliegtuig van Lion Air wat met 189 persone aan boord in die see neergestort het.
Oudpolisieman gevonnis oor ses moorde
Lingisani Arnold Mgaga (30), ʼn voormalige polisiebeampte, is Vrydag in die Pietermaritzburg-hooggeregshof gevonnis in verband met die moord op ses mense en poging tot moord op vyf mense.
Nog brandbestryders na Tuinroete ontplooi
Minstens 100 bykomende brandbestryders sal Sondag in George en omgewing ontplooi word om bystand te lewer met brande wat steeds in dié gebied woed.
Akteur Alec Baldwin vas ná aanranding
Die Amerikaanse akteur Alec Baldwin is Vrydag in New York in hegtenis geneem op aanklag van aanranding.
Planne vertraag vir grootste mariene reservaat in Antarktika
ʼn Internasionale poging om die wêreld se grootste mariene reservaat in Antarktika, ongeveer 1.55 miljoen km² (vyf keer so groot as Duitsland), op te rig, het ʼn terugslag beleef.
Dali-kunswerk beskadig toe vrou selfie wou neem
ʼn Jong vrou wat ʼn selfie wou neem, het ʼn skildery deur die bekende Spaanse kunstenaar Salvador Dali by ʼn galery in Rusland beskadig.
All Blacks wen ver, maar Japan kruip tóg nader
As jy na Saterdag se telling teen die All Blacks kyk, is Japan as rugbyland steeds aan ‘t verbeter. Maar is dit werklik so?
Ouers dalk gou vervolg as kinders nie skool toe gaan nie
Pres. Cyril Ramaphosa het Vrydag gesê hy sal binnekort wetgewing voorstel waarvolgens Suid-Afrikaanse ouers vervolg kan word as hulle nie seker maak hul kinders gaan skool toe nie.
Twee kinders in PE doodgeskiet
Die polisie in die Oos-Kaap doen ʼn beroep op lede van die gemeenskap in Bethelsdorp in Port Elizabeth om hulle by te staan met hul ondersoek na persone wat Vrydagaand twee kinders doodgeskiet en vyf ander persone beseer het.
39-jarige ma in Namibië vermoor
Lindie Prinsloo (39) se sesjarige dogter was na bewering tuis toe sy vermoor is.
Musikant HHP se begrafnis gaan voort in Mahikeng
HHP se liggaam is na Noordwes gestuur ná ʼn uitspraak Vrydag in die Johannesburgse hooggeregshof dat sy begrafnis in Mahikeng mag voortgaan.
E-tol het geen toekoms in Gauteng nie, sê David Makhura
Die omstrede e-tol op Gauteng se snelweë het geen toekoms solank as wat die ANC in beheer bly nie, het Gauteng-premier en provinsiale ANC-voorsitter David Makhura Vrydag gesê.
Premier wil Madiba-standbeeld ‘verbeter’
Die premier van Mpumalanga het die LUR vir kuns en kultuur versoek om die standbeeld van wyle pres. Nelson Mandela “reg te maak sodat dit meer soos hy kan lyk”.
Man sterf vermoedelik as gevolg van polisie-optrede
Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) sal ondersoek instel ná ʼn man gesterf het, vermoedelik as gevolg van polisie-optrede naby die polisiestasie in Soshanguve, noord van Pretoria.
Gedagte vir die dag: Dis oukei om nee te sê
Reg sal veroorsaak dat daar vrede sal wees. En geregtigheid sal veroorsaak dat almal rustig en veilig sal bly. (Jesaja 32:17)