Spelers met Suid-Afrikaanse bande het byna ewe veel geel kaarte in die jongste ronde van die voorste Franse en Engelse reekse gekry as wat hulle drieë gedruk het.
Lees meerAlles vir Sondag 4 November 2018
Man verdrink by La Lucia
ʼn 25-jarige man het Sondagmiddag vermoedelik by La Lucia-strand, noord van Durban in KwaZulu-Natal, verdrink.
Geen planne om SAL te sluit, sê ANC
Die ANC sal met sy alliansievennote dringende en volhoubare stappe bespreek om probleme te takel by staatsbeheerde ondernemings as strategiese bates in die ekonomie, het die party Sondag gesê.
Onduidelik hoeveel skole Lesufi werklik gebou het
Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) sê dit is nie duidelik hoeveel nuwe skole in Gauteng gebou is nie, en die departement van onderwys is ook nie duidelik daaroor nie.
Liggaam van vrou in Limpopo-dam gevind
Die 20-jarige vrou het Woensdag in die dam geval toe sy saam met vriende op ʼn boot gery het
Sonkragaangedrewe kragstelsel in Ficksburg aangeskakel
Eskom het ʼn sonkragaangedrewe klein-kragstelsel op Wilhelmina-plaas in Ficksburg in die Vrystaat aangeskakel.
Twee vas oor Vlakfontein-moorde
Twee persone sal na verwagting Maandag in ʼn hof in Gauteng verskyn in verband met die moord op sewe persone by ʼn huis in Vlakfontein.
Vier sterf in Limpopo-ongeluk
Vier persone is Sondagoggend dood en twee ander ernstig beseer tydens ʼn botsing tussen ʼn motor en ʼn vragmotor op die N1 in Limpopo.
Krieket: Proteas slaan vroeg toe
Suid-Afrika se boulers was uitstekend. Ná 9 boulbeurte het Australië op ‘n skamele 18/3 gestaan.
ANC beplan ʼn ‘oorweldigende oorwinning’ in 2019
Die ANC is besig met strategieë en om maatreëls te formuleer om sy strukture binne gemeenskappe op te knap om seker te maak die party het ʼn oorweldigende meerderheid in die 2019- nasionale en provinsiale verkiesings, het beamptes Saterdag gesê.
SA vernuf help Yanks druk, maar Maori’s wen ver
Vernuftige spel deur ʼn speler met Suid-Afrikaanse wortels het Amerika Saterdag in Chicago gehelp om ʼn drie teen die Maori All Blacks te druk, maar die Nieu-Seelanders was heeltemal te sterk vir die tuisspan.
Video: Bruid wil nie haar bruidegom soen nie
Dis gewoonlik ʼn intieme oomblik tussen man en vrou wanneer die dominee uiteindelik aankondig: “Jy mag maar jou bruid soen.” Die bruid in dié video was egter nie gretig om haar bruidegom te soen nie.
Veediefstalskok vir Gauteng, sê DA
“Die SAPD is nie in staat om landelike gemeenskappe te beskerm nie. Die DA het lankal gesê gespesialiseerde landelikeveiligheidseenhede moet weer ingestel word met behoorlike hulpbronne.”
IS sê hulle is verantwoordelik vir aanval op Christene in Egipte
Die ekstrimistiese groep, die Islamitiese Staat, het gesê sy militante is verantwoordelik vir ʼn aanval op ʼn bus waartydens sewe persone Vrydag in Egipte gesterf het.
MotoGP: Marquez wys waarom hy koning kraai
Marc Marquez (Repsol Honda) het Sondag in Maleisië sy dominansie van die Moto GP-reeks onderstreep toe hy ook dié wedren gemaklik gewen het. Dit was Marquez se sewentigste oorwinning van sy loopbaan.
Springbokke se liggie skyn in ʼn donker tonnel
Alles is nie verlore nie en daar is gewis hoop.
Vyf fietsryers beseer toe motor hulle tref
Vyf fietsryers is Sondagoggend op die M4 naby Umhlanga in KwaZulu-Natal nadat ʼn motor hulle getref het.
Gewapende rowers binne minute aangekeer
Lede van die Kimberley-blitspatrollie in die Noord-Kaap het Saterdagaand twee verdagtes in hegtenis geneem skaars 30 minute ná ʼn gewapende roof by ʼn dokter se huis.
Tier van kant gemaak ná 13 sterf
ʼn Tier, wat vermoedelik verantwoordelik is vir 13 mense se dood in die weste van Indië, is geskiet ná ʼn soektog deur skerpskutters en bosbouers.
Gaan De Lille-ondersteuners ʼn nuwe party stig?
Sterk gerugte is in Kaapstad in omloop dat ondersteuners van die voormalige Kaapse burgemeester, Patricia de Lille, ‘n politieke party gaan stig om die DA en die ANC by die stembus te takel.