Veral die 66-jarige man het kwaai deurgeloop toe die drie hom met ʼn stomp voorwerp geslaan het.
Alles vir Maandag 5 November 2018
AfriForum neem teenboelieveldtog na die Wes-Kaap
Wanneer meeste mense dink aan afknouery/boeliery, dan dink hulle daaraan dat dit iets fisiek moet wees, soos om iemand te skop, slaan of knyp. Afknouery kan ook op ’n verbale manier plaasvind.
Video: Jy kan ʼn verskil maak (en dit kos jou niks nie!)
Die nalatenskap vir ons kinders is in ons hande. In ʼn wêreld van ʼn magdom kennis wil ons hê ons kinders moet dit in hul taal kan opdoen.
Een dood, 13 beseer toe taxi rol
Paramedici het nog 13 mense op die toneel ondersoek. Vyf was in ʼn kritieke toestand, terwyl agt se beserings van gering tot matig gewissel het.
Welkome groei in voertuigverkope in Oktober
Die totale voertuigverkope vir Oktober vanjaar was die hoogste maandelikse totaal van enige maand sedert Oktober 2015. Kyk hier watter voertuie was die gewildste onder Suid-Afrikaanse motoriste.
Brande woed voort in Suid-Kaap, nóg inwoners ontruim
Die brande wat die afgelope week op verskeie plekke in die omgewing van Rheenendal, De Vlugt, George en Karatara gewoed het, het al meer as 80 000 hektaar verwoes. Enkele diere het brandwonde aan hul pote opgedoen waar hulle op kooltjies getrap het.
Vlakfontein-beskuldigdes bly in aanhouding
Enerst Mabaso (27) en Fita Khupe (61) word daarvan beskuldig dat hulle die sewe familielede in die township suid van Johannesburg vermoor en daarna hul oorskot onder hopies grond in die huis en in ʼn buitekamer weggesteek het.
Momberg se appèlsaak moet wag tot 2019
“Ons glo die vonnis is te swaar. Die skuldigbevinding moet omgekeer word.”
SA onderwyser sterf in Viëtnam
Jooste en Luker “was soos bloedbroers. Benjamin was soos ʼn kind in my huis.”
Wat is dit met Kings se dissipline en die Cheetahs se lynstaansiekte?
Wat is dit met die Southern Kings se dissipline? En met die ingooiwerk by die lynstane waar die Cheetahs Sondag in die voetspore van die Westelike Provinsie en die Springbokke gevolg het?
Baba sterf toe hy in boorgat val
Soek-en-reddingspanne asook lede van die gemeenskap het sedert Saterdag onverpoos gegrawe om die seuntjie se liggaam te vind.
Onafhanklike, tegnologies gevorderde SARB broodnodig vir SA se toekoms
“Deur Blockchain-tegnologieë te ondersteun, sê die SARB eintlik dat dit selfregulering voorstaan en ondersteun, gebaseer op deursigtige kontrakte as ʼn tegnologies gevorderde toevoeging tot normale bankregulering. Dit maak my opgewonde.”
Sindikaatlede kry 60 jaar vir gewapende rooftogte
Die sindikaat het minstens 12 gewapende rooftogte op Springs, Devon en Kinross uitgevoer.
Resep: Vrugtekerrie
Perskes en kerrie vul mekaar perfek aan!
Boek: Leefstyl-Bybel vir vroue
ʼn Fokus op die geloof van vroue in Bybelse tye vir die geloofslewe van vroue vandag
Die SYM CitiCom S 300i – ʼn praktiese pendelfiets
Daar is verskeie aspekte waarmee die SYM CitiCom S 300i ander meer tradisionele motorfietse troef.
Christenkinders en -jongmense ly só onder vervolging
In vandag se wêreld is dit nie maklik vir jongmense en kinders om hulle Christelike geloof uit te leef nie. Vir jong Christene wat in lande woon waar gelowiges vervolg word, is hierdie uitdaging nóg groter.
Nuuskommentaar: Geen onafhanklikheid vir Nieu-Caledonië
Die inwoners van Nieu-Caledonië het pas teen onafhanklikheid van Frankryk gestem. Dis egter kwalik so eenvoudig met die oorspronklike inwoners, die Kanake wat meestal onafhanklikheid voorstaan, maar nou ’n minderheid in hul eie land uitmaak.
Gigaba weier om te bedank
Malusi Gigaba, die beleërde minister van binnelandse sake, sê hy sal net bedank as pres. Cyril Ramaphosa vra hy moet.
Boek: Die eindelose storie
Bastian Balthasar Bux ontdek in ʼn boekwinkel ’n geheimsinnige boek: Die eindelose storie. Opgewonde neem hy dit saam en word ingetrek in die wilde avonture.