Die EFF is besig om sy grofgeskut gereed te kry ter verdediging van sy onderleier, Floyd Shivambu, in die parlement se etiekkomitee.
Alles vir Maandag 5 November 2018
Vandag se sportnuus
Die Springbokke het Saterdag op Twickenham teen Engeland gespeel en die wedstryd oorheers maar steeds verloor. Die Maleisiese MotoGP is gister op die Sepang-baan naby Kuala Lumpur gejaag. In die Engelse Premierliga is daar gister twee wedstryde gespeel.
Afrikaans se plek in ʼn Engelse sakewêreld
Sakebedrywighede wêreldwyd is oorwegend in Engels – daarmee kan ʼn mens moeilik stry. Is dit dan sinvol om vir Afrikaans op skoolvlak te veg en Afrikaanstalige opleidingsinstansies te bou, soos die Virseker Trust doen? Suksesvolle sakelui deel die voordele – en uitdagings – wat opleiding in Afrikaans inhou.
Departement wil SAL ‘stabiliseer en kostes verminder’
Die ministerie van openbare ondernemings het Sondag gesê sy onmiddellike prioriteit is om die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) finansieel te stabiliseer en deur middel van kostevermindering en kommersiële reoriëntasie seker te maak die lugredery is finansieel volhoubaar.
Drie kinders verkool in huisbrand
Drie kinders het Vrydagaand in ʼn huis in Brakpan in Gauteng verkool toe ʼn brand in hul ouerhuis ontstaan het.
Paartjie in PE geskiet
Mark Stallenberg (39) is dood en sy vriendin (28) ernstig beseer toe hulle Sondagmiddag in sy huis in Helenvale in Port Elizabeth aangeval is.
Laat vir afslaan, toe ry hy 218 km/h
ʼn 35-jarige man is Sondagoggend vroeg in hegtenis geneem toe hy met ʼn wit Porsche Boxster teen 218 km/h op die N3 in Gauteng gery het.
Gedagte vir die dag: Dissiplineer in liefde
Elke vorm van tug lyk vir ons op die oomblik meer na ’n rede vir trane as vir blydskap, maar later sal dit vir hulle wat daardeur gedissiplineer is, ’n vredevolle oes oplewer van ’n lewe volgens die wil van God. (Hebreërs 12:11)