Hierdie week is alle aandag in Suid-Afrika op die Nedbank-Uitdaging op Sun City.
Lees meerAlles vir Dinsdag 6 November 2018
AfriForum oorhandig ‘Kill the Boer’-boek aan Ramaphosa
Die burgerregte-organisasie AfriForum het Dinsdag ’n eksemplaar van die boek Kill the Boer per hand by die kantoor van president Cyril Ramaphosa afgelewer.
ANC onderneem om ‘verdeling’ te takel
Die ANC se topleierskap het Dinsdag onderneem om faksies binne die party te beveg en toegegee dat faksies die party nadelig kan beïnvloed tydens die nasionale verkiesing in 2019.
21 Life Esidimeni-pasiënte word steeds vermis
Die LUR van gesondheid in Gauteng, dr. Gwen Ramokgopa, het Dinsdag die publiek versoek om die SAPD en die departement van gesondheid te help om 21 vermiste Life Esidimeni-pasiënte op te spoor.
‘Sekspastoor’: Lidmate wil interdik bekom teen politieke partye
Drie persone wat aanvoer hulle is lede van die omstrede Jesus Dominion International Church (JDI), onder leiding van verkragtingbeskuldigde pastoor Timothy Omotoso, het ʼn dringende aansoek in die hooggeregshof in Port Elizabeth ingedien om betogers te verhoed om voor hul kerk te vergader.
Uitspraak in Courtney Pieters-saak duur voort
Mortimer Saunders, die man wat bely dat hy die kleuter Courtney Pieters vermoor het, het Dinsdag weer in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn.
Stella-koshuismoorde: Xander in hof
Xander Bylsma (19), die jong man wat aangekla word van die moord op die vriendinne Sharnelle Hough (17) en Marna Engelbrecht (16) in hul koshuis op Stella, Noordwes, het Dinsdag vlugtig in die Vryburg-landdroshof verskyn.
Kanada oortuig nie voor Wêreldbeker-heruitdun
Kanada het Maandag in Coventry, Engeland, allermins oortuig in sy laaste littelosmaker voor die heruitdun in Marseille, Frankryk, met die oog op aanstaande jaar se Rugbywêreldbeker-toernooi (RWB) in Japan.
ToekomsVenster: Ja beteken doodgewoon ja en nee beteken nee
Gaan liewer op jou spoor terug en maak reg wat verkeerd is. Dit is ʼn ligter prys om te betaal as om te probeer om die leuen konsekwent te dien of te verdoesel.
Opposisiepartye rand mekaar aan in die parlement
Chaos het vanmiddag in die parlement uitgebreek toe lede van verskillende opposisiepartye mekaar op die vloer van die Nasionale Vergadering aangerand het.
Twee sterf in ongeluk op N1
“By nadere ondersoek het paramedici op twee vroue se liggame afgekom waar hulle naby die voertuig gelê het.”
Vrae oor jong Ramaphosa se kontrak met Bosasa
Ramaphosa het ook die ineenstorting van VBS Bank bespreek.
Die wêreld in foto’s – 6 November 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Partye vra in hof dat Zuma moet opdok vir regkoste
Die hof het ook gehoor dat Zuma se regskoste glo al meer as dubbeld beloop as wat voorheen berig is.
Uitdrukking: Dik wees vir iemand
Waarom sê ons jy is “dik” vir iemand as jy kwaad is vir hom? Taaltoffie stel ondersoek in
‘Plato is verhewe bo kleinlike politiek’
Die DA het Dinsdag in reaksie op Dan Plato se verkiesing tot burgemeester van Kaapstad gesê dié politikus kan die “volwasse leierskap” bied wat die afgelope paar maande in die Moederstad gekort het.
Kaptein en die muishond
Kaptein kom mooi in gelid met die kolonel totdat hulle so vyf treë van my af kom, toe kry hy spoed. Hy begin rem aan sy leiband en die arme korporaal wat hom begelei moet net vasstaan of Kaptein pluk hom van sy voete af…
Herbal Blend: Laboratoriumontleding bevestig middel as onwettig
ʼn Laboratoriumontleding van die sogenaamde “Herbal Blend”-middel wat onlangs opslae onder inwoners in Pretoria veroorsaak het, het meer lig gewerp op wat presies in hierdie ongemerkte pakkies is wat deur volwassenes en kinders gerook word.
Protes ontwrig dienslewering in Lichtenburg
Die munisipaliteit probeer veiligheid in sy geboue opskerp sodat werknemers veilig sal wees en hulle ongestoord met hul werk kan voortgaan.
Ramaphosa oor moorde op wit boere
Pres. Cyril Ramaphosa het toegegee dat wit boere in Suid-Afrika vermoor word nadat die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald, hom vanmiddag in die parlement daaroor gekonfronteer het.