Regter Zamani Nhlangulele het die ander vyf beskuldigdes ten sterkste aangeraai om hul besluit te heroorweeg weens die erns van die aanklagte waarvan hul beskuldig word.
Alles vir Dinsdag 6 November 2018
10-jarige van Pretoria al week lank soek
“Ek hoop regtig ons spoor hom op.”
Nuwe waarnemende hoof vir Transnet
Die aanstelling kom nadat Siyabonga Gama twee weke gelede as uitvoerende hoof van Transnet afgedank is weens bewerings van ernstige oortredings rakende finansiële, verkrygings- en fidusiêre verpligtinge.
Die sexyste man van die jaar is …
Hy is die 33ste man wat dié gesogte titel hou. Die akteur Mel Gibson, toe 29 jaar oud, was in 1985 die eerste man wat deur People as die sexyste aangewys is.
Die horings van die energiedilemma
Thembisile Majola, adjunkminister van energiesake, het haar in ’n onlangse onderhoud met Stephen Sacker van die BBC se Hardtalk tussen die horings van die Suid-Afrikaanse energiekrisis bevind.
Nuuskommentaar: Is ʼn vreedsame multi-kulturele samelewing moontlik?
Is ’n vreedsame naasbestaan in ’n diverse gemeenskap werklik moontlik? Nie solank slopers van tussengroepverhoudinge wegkom met opruiende uitsprake nie.
Talle sterf in oorstromings in Italië
Van die woude wat in die slag gebly het, is die “Vioolwoud”, 110 km noord van Venesië, wat die hout voorsien het waarvan die vioolmaker Antonia Stradivarius (1644 – 1737) sy beroemde instrumente vervaardig het.
Jou gids tot die Amerikaanse midtermynverkiesing
Dinsdagnag gaan geen politieke agie ʼn oog toemaak nie want die Amerikaanse midtermynverkiesings – en die verdeelde VSA se oordeel oor pres. Donald Trump – gaan politieke pitkos soos min wees.
Bitcoin is al tien jaar oud
Een van Bitcoin se grootste kritici plaaslik, is Mike Schüssler, die hoofekonoom by economists.co.za. Hy wys daarop dat die vertrouensaspek waarskynlik Bitcoin se grootste uitdaging is.
Luister: Wiele2Wiele gesels oor die nuwe Jimny
Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke.
Dewald Wasserfall onttroon Refentse op die Top-20
Leah, wat deesdae haar lyf Boer soek ʼn vrou-aanbieder hou, is terug met ʼn splinternuwe enkelsnit, “Ek mag jou mis”.
Botsing op N3 eis ses lewens
Al ses die oorledenes, vier vroue en twee mans, en die nege beseerdes was in die taxi onderweg.
Luister in 3 minute: Mboweni en die SAL en die jongste oor onteiening
Drie sakekwessies wat die afgelope week opslae gemaak het, is Tito Mboweni en die SAL, Lesetja Kganyago wat wal gegooi het teen populisme en die jongste oor die onteieningskwessie.
Resep: Wafels
Wanneer laas het jy wafels gemaak?
Vandag se sportnuus
Die Blitsbokke is besig met hul finale voorbereidings vir Wêreldrugby se sewesreeks wat aan die einde van die maand in Dubai afskop en die Proteas het hul eerste eendagwedstryd teen Australië gemaklik gewen.
Geen goeie nuus by petrolpompe
Die departement van energie het Maandag slegte nuus gehad vir motoriste wat uitgesien het na verligting nadat die petrolprys begin Oktober in Gauteng vir die…
Boek: Redder van die Ryk
Alfie is die troonopvolger, maar op 14 sukkel hy nog om skool te oorleef.
Taai vrae in parlement kan Ramaphosa laat bontstaan
Pres. Cyril Ramaphosa trotseer vanmiddag sy laaste mondelinge parlementêre vraesessie van dié jaar met sewe vrae wat hy gaan moet beantwoord. Die moeilikste vraag is die laaste een, wat gevra gaan word deur die leier van die DA, Mmusi Maimane.
Een dood, 4 gewond toe gevangene losbrand
Ondersoek word ingestel hoe dit kon gebeur het dat dié gevangene, wat veronderstel was om deursoek te word voordat hy in die selle toegesluit is, die vuurwapen by hom gehad het.
Drie dood in 2 ongelukke ure uit mekaar
“By nadere ondersoek is die liggaam van ʼn man gevind waar dit in die ligte voertuig vasgekeer was. Hy het geen tekens van lewe getoon nie.”