Hier is ʼn paar van die belangrikste motorfietsmodelle vir 2019.
Alles vir Woensdag 7 November 2018
In grys se duisende skakerings…
Ons Suid-Afrikaners is dikwels geneig om die wêreld as ’n swart-wit-plek te sien, ’n plek waar jy voortdurend absolute goedheid teenoor absolute boosheid kry. Uiteraard moet jy die kant van absolute goedheid (wat meestal jou eie kant is) kies teen die kant van absolute kwaad, oftewel die ander kant.
Gigaba sê jammer oor hy vinger wys
“Die kleinlike uittarting wat dit uitgelok het en die druk waaronder ek die afgelope tien dae verkeer, is geen verskoning vir my indiskresie nie.”
Amerika se verdeelde uitslag
Die VSA is meer polities verdeeld as ooit nadat die Demokrate die Huis van Verteenwoordigers oorgeneem het terwyl die Republikeine hul posisie in die Senaat versterk het.
Wallis wil ná 13 neerlae weer teen die Wallabies wen
Wallis, een van die ware rugbylande met hul passievolle toeskouers wat eenvoudig vir die spel leef, het Saterdag teen Australië die uitdaging om sedert 2008 – die eerste keer ná 13 agtereenvolgende neerlae –weer aan die wenkant te kom.
Verbruikersake: Planne vir ’n vakansie wat glad verloop
Het mens enige regte as jy vind die plek wat jy bespreek het, is nie vakansieplek van jou drome nie? Ina Opperman verduidelik wat jou regte as verbruiker is en hoe om hierdie regte, wat in die Wet op Verbruikersbeskerming vervat is, te gebruik.
Blind is my wêreld
Daar is al so baie gepraat en geskryf hieroor, maar vandag gaan ek op my eie seepkis klim en my eie perspektief deel met wie ook al belangstel om te luister.
Matrieks 2018: Jy sal uiteindelik trots wees op jouself!
Sangeres Talana Vuren het ‘n spesiale videoboodskap vir elke matrikulant in 2018.
Vandag se sportnuus
Die Nedbank-Uitdaging begin môre en duur tot Sondag by die Gary Player-buiteklub by Sun City.
Seun geskors ná hy juffrou met water gooi
ʼn Video van die voorval het op sosiale media die lig gesien.
Moyane wil afdanking laat omkeer
“Indien u versuim om voor of op Vrydag 9 November om 12:00 hierop te reageer, is ons opdrag om met dringende hofaksie voort te gaan.”
Skool in rou ná hoof se dood
Die hoof het na bewering sy eie lewe geneem.
Gedagte vir die dag: Maak vriende
‘Julle is die mense wat God uitgekies het wat Hy geheilig het en wat Hy liefhet. Daarom moet julle die volgende soos klere aantrek: liefdevolle deernis, vriendelikheid, nederigheid, sagmoedigheid, geduld. Verdra mekaar en as enigeen ’n klagte teen iemand anders het, vergewe mekaar. Vergewe mekaar soos die Here julle vergewe het. (Kolossense 3:12-13)