Een van die meer fassinerende aspekte van die bekroonde skrywer se skryfproses is waar hy inspirasie vir sy storielyne vind.
Alles vir Donderdag 8 November 2018
Geneser met emmer vol liggaamsdele kry lewenslank
Die polisie het laat die Sondagaand ʼn wenk ontvang dat ʼn man liggaamsdele op Margate verkoop.
Nuuskommentaar: Wat gaan in VSA verander ná verkiesing?
Dit lyk of pres. Donald Trump sal moet werk maak van die beeld wat baie vroue van hom koester as hy in die volgende presidentsverkiesing aan die wenkant wil wees. Voorts sal hy moet waak dat die ekonomie nie voor dan ’n knou weg kry nie.
‘Tendens van marteling, moord in polisieaanhouding’
“Ek wil verseker dat, hetsy jy om die regte of verkeerde rede in die gevangenis beland, jou menseregte gerespekteer sal word.”
Vroue moet ligloop vir dié 3 dodelike hartrisiko’s
Vroue wat dié drie dinge doen se kanse om ʼn hartaanval te kry is skrikwekkend hoër as dié van mans.
Wen: Uiteindelik, ʼn ligte, gesonder opsie!
Wen: Met Van Loveren se nuwe toevoeging, Almost Zero Wonderful White, hoef jy nooit weer kilojoules te tel nie! Lees die artikel en staan ʼn kans om ʼn hele kus van dié wyn te wen! “Tag” sommer jou vriende ook – hopelik deel hulle dit met jou as een van hulle die gelukkige wenner is!
ANC steeds verdeeld oor e-tol
“Suid-Afrika ondersteun die beginsel dat gebruikers vir infrastruktuurprojekte betaal, maar wat stedelike tolpaaie betref, is dit ʼn netelige kwessie.”
Chris Chameleon sê: Wees uniek!
Chris Chameleon is ongetwyfeld uniek. Al ooit gewonder hoe jy uniek kan wees? Hy reken die antwoord is baie maklik.
De Lille gaan DA-LP’s aankla
Patricia de Lille, voormalige burgemeester van Kaapstad, is van voorneme om aanklagte van bedrog teen verskeie DA-LP’s aanhangig te maak.
Tennis: SA het ʼn dubbele aandeel in dié jaar se klimaks
Dit sal die eerste keer ooit wees dat Suid-Afrika gelyktydig in die enkelspel asook in die dubbelspel verteenwoordig word.
Tel jou woorde – Brekende nuus
Net om ‘n finale spyker in die anglisisme-doodskis te kap: Die Nederlanders gebruik ook “brekend nieuws” om na brekende nuus te verwys. ‘n Mens kan dus eintlik ewe maklik sê dis Hollandse erfgoed eerder as Engelse leengoed wat in die AWS opgeneem is.
Resep: Romerige eenbak-hoendergereg
Laat die geure saamsmelt in dié eenbak-gereg.
Mihalik-moord: Derde beskuldigde in hof
Luidens die klagstaat voer die staat aan die beskuldigdes het Mihalik met opset vermoor deur hom in die kop te skiet en dat die misdaad uitgevoer is “deur ʼn persoon, groep of persone of sindikaat wat opgetree het in die uitvoering of bevordering van ʼn gemeenskaplike doel of sameswering”.
Vandag se sportnuus
Die 2018 Nedbank-Uitdaging begin vanoggend wanneer 72 spelers op die Gary Player-buiteklub by Sun City afslaan.
Uitspraak vandag in Rohde-moordsaak verwag
“Ek stel dit dat ʼn behoorlike analise die beskuldigde se weergawe van gebeure ondersteun en dat alle objektief bepaalde feite en getuienis wat tydens hierdie verhoor aangehoor is daarmee ooreenstem.”
Juffrou en dapper muis sorg vir honderde heel hartjies
’n Klas met meer as dertig raserige negejariges wat gelyk aandag soek, vereis ’n juffrou wat so dapper is soos die Dapper Muis in die bekende liedjie…
8 maniere om eksamenstres hok te slaan
Hoewel stres ’n natuurlike reaksie is en selfs tot voordeel kan wees tydens die eksamen, is dit belangrik om nie abnormale stresvlakke die oorhand te gee nie. Hier is agt maniere om onnodige stres tydens die eksamen hok te slaan
Henri van Breda hoor oor appèlaansoek
Van Breda het in September die aansoek ingedien nadat die Wes-Kaapse hooggeregshof in Augustus sy appèlaansoek van die hand gewys het.
Herrie oor slagspreuk in student se honneursprojek
Die visekanselier van die Universiteit van Kaapstad (UK) het kort nadat sy ʼn student met sy honneursprojek gelukgewens het, haar gedistansieer van ʼn slagspreuk wat in sy projek voorkom.
Ierse onderwyskenner in Kaapstad vermoor
“Curran sal gemis word vir sy wonderlike sin vir humor, sy aansteeklike lag en sy vermoë om ernstige kwessies ligter te maak.”