Een oorwinning in 40 wedstryde oor 113 jaar deur Ierland is genoeg om die All Blacks te laat besef dat hulle Saterdag se wedstryd in die Aviva-stadion teen Ierland nie ligtelik durf opneem nie.
Lees meerAlles vir Vrydag 16 November 2018
Video: Partye praat oor landelike veiligheid
ʼn Brandpunt waaroor daar koppe gestamp is, is die statistieke oor plaasmoorde.
‘Ek glo ek is geloofwaardig’, sê NDOV-kandidaat
“Geloofwaardigheid lei daartoe dat ʼn mens op ʼn persoon kan staatmaak. In daardie aspek sal ek sê ek is ʼn geloofwaardige persoon en ʼn mens kan altyd op my staatmaak, elke keer as ek ʼn besluit moet neem.”
Man in hof oor ‘bedrog’ van R100 miljoen
Jaco Leon Jordaan (52) is in Februarie vanjaar in hegtenis geneem nadat 120 slagoffers gekla het oor die beweerde valse beleggingskema waardeur hulle groot bedrae geld verloor het.
Duikers maak ‘skokontdekking’ in dam
Brig. Leonard Hlathi sê polisieduikers was besig met opleiding by die dam toe hulle dié “skokontdekking” gemaak het.
Steve Hofmeyr: ‘Laat die wêreld weet wat in SA gebeur’
“Ons president sit tussen die duiwel en die diepblou see. Hy moet ʼn mooi prentjie aan die wêreld verkoop, terwyl hy hier die monster wat hy geskep het moet onderdruk.”
Misdaad só erg dat kliniek deure moet sluit
Sicwetsha sê die bendebedrywighede en skietvoorvalle het nou ʼn kritieke stadium bereik waar veiligheidsmaatskappye en die SAPD nie meer enigiemand se veiligheid tydens werksure of ná kantoorure kan waarborg nie.
ToekomsVenster: Liefde en gawes
Paulus se vertrekpunt hier is dat die beoefening van selfs die mees gesogte gawes niks meer as geraas is, tensy dit gerugsteun word deur die liefde nie.
Sowetodag – ’n oudjoernalis onthou
Ek het rede om Sowetodag 1978 nooit te vergeet nie, skryf Pierre Massyn.
Feesseisoen kan donker wees, sê Eskom
Phakamani Hadebe, uitvoerende hoof van Eskom, het Vrydag ʼn uiteensetting van die stand van sake by Eskom gegee.
42 sterf ná ontploffing op bus
“Dit was soos hel op aarde. Daar was niks wat enigiemand kon doen om te help nie. Ek het nog nooit so iets gesien nie.”
Studiebeurse: Wat is dit en hoe werk dit?
Indien finansiering die uitdaging is wat tussen jou en jou droomloopbaan staan, is die antwoord dalk om aansoek te doen vir ʼn beurs. Hier is ʼn paar dinge om te onthou wanneer jy aansoek doen.
Moenie ’n slagoffer van identiteitsdiefstal wees nie
“Die vakansie bied ʼn groot geleentheid vir identiteitsdiewe. Kopers is haastig om inkopies te doen en hulle doen ook meer transaksies as gewoonlik. Winkels is ook voller.”
Woord: uitgelese
“Uitgelese” beteken nie die groep of gehoor is “belese” nie
Dispuut met Discovery verklaar oor diskriminasie
Talle sosialemediagebruikers het Discovery op Twitter bygedam oor die voorgestelde aandeleskema en die maatskappy daarvan beskuldig dat hy rassisties is.
Talle steeds warm onder die kraag oor foto van hond
Die stof oor ʼn foto van ʼn motoris wat ʼn hond aan sy pote vashou en by ʼn motorvenster laat uithang, het steeds nie gaan lê nie met ‘n tweede foto van dié voorval wat talle mense warm onder die kraag het.
Davison oor nog ʼn dood aangekla
Volgens die staat het Davison ʼn plastieksak oor die man se kop getrek en helium daarin ingespuit om hom te versmoor.
Gróót mode-studiebeurse toegeken
Die waarde van die beurse is R380 000 en sluit persoonlike mentorskap en internskap by Gert-Johan Coetzee se ateljees in Johannesburg in.
Springbokke teen Skotland: Slim, slimmer, slimste
Daar is net een manier om jou groter, sterker en meer fisieke teenstanders in rugby te klop: Jy moet slimmer as hulle speel.
Straatligkinders terug met nuwe album
“Die inspirasie vir die album was tyd.”