ʼn 19-jarige musikant het tydens haar breinoperasie gesing sodat dokters seker kon maak hulle beskerm haar talent.
Alles vir Vrydag 16 November 2018
Resep-video: Feestelike koekierol
Dié koekies kan jy nóú al voorberei sodat jy dit in die vakansie net in die oond kan gooi. Lewer sowat 26 koekies Bestanddele ¾…
Stop die stigmatisering van kinders wat met hul gewig sukkel
Op die speelterrein, by kinderpartytjies en op die sportterrein is daar alewig die wyses en stigmatiserendes. Dit is boelies wat geen begrip het vir die wêreld waaroor hulle hul uitspreek nie. Hulle maak net seer en stigmatiseer.
Sanger nou pa van twee dogtertjies
“Ons is darem voorbereid; ons het nog altyd vir mekaar gesê dit sou wonderlik wees as ons kinders so twee jaar uiteen kon wees.”
Man sterf toe hy reukweerder inasem
Die man het op en af gespring en toe net neergeval. Noodbehandeling is toegepas waarna hy hospitaal toe geneem is.
17 vas ná geweld aan Weskus weer opvlam
Nóg geboue is aan die brand gesteek en talle supermarkte, slaghuise en drankwinkels geplunder nadat gewelddadige betogings in Saldanha aan die Kaapse Weskus Donderdagnag voortgewoed het.
Tekenprent: Groen lig vir grondhervorming
LP’s het Donderdag ten gunste van die voorgestelde wysiging aan die Grondwet gestem om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak.
‘As jy nie ANC stem, sal land weggevat word’
Oudpres. Jacob Zuma het Vrydagoggend honderde ANC-ondersteuners en gemeenskapslede toegespreek.
Duisende liters drank in drein af
Kinders word gebruik om alkohol by geleenthede in te smokkel.
Twee sterf toe trokke bots
Paramedici het by hul aankoms op die toneel drie vragmotors aangetref wat in die botsing betrokke was.
Eskom skors wéér groephoof
Hy is in November verlede jaar die eerste keer geskors ná bewerings van ernstige wangedrag.
Realiseer jou drome met dié oorbruggingsjaarprogram
Jy kan vir jouself baie geld spaar en jou kind se selfbeeld en eiewaarde beskerm om hom of haar die geleentheid te bied om eers ʼn produktiewe oorbruggingsjaar (“gap year”) te laat doen.
Nuuskommentaar: Grondgryp hét nie ander naam
Dit kan so maklik gebeur dat hierdie planne in die geskiedenis opgeteken staan as die mees rasverdelende gebeurtenis in die land se geskiedenis.
Vandag se sportnuus
Die Springbokspan wat môre om 19:20 teen Skotland op Murrayfield speel, is bekend gemaak.
Boek: Snak
‘Snak’ is ʼn spannende soek- en trekverhaal van geloof, hoop en liefde.
‘Volledige opname van plek in skole nou nodig’
Dit kom nadat nadat Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, Donderdag “aansoek”-sones vir skole in Gauteng aangekondig het.
Vrou (90) dood gevind in Uitenhage-huis
ʼn Buurvrou het omstreeks 09:00 Donderdag verby die bejaarde vrou se huis in Penford gestap en gesien ʼn hek en deur staan oop.
Grondonteiening: Ramaphosa paai oorsee
Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag terwyl ʼn voorlopige verslag goedgekeur is om die Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, gesê die fokus van grondhervorming is onder meer om beleggersvertroue te handhaaf.
Gedagte vir die dag: Die armes verlos
Die armes wat roep, sal hy verlos, ook die verdrukte sonder helper. (Psalm 72:12) – Deel 1