Die ANC en die DA het oor die algemeen steun verloor, maar hul wyke behou in vyf tussenverkiesings wat vandeesweek oor die hele land gehou is, met die EFF wat baie swak gevaar het.
Alles vir Vrydag 23 November 2018
Springboklegende Gysie Pienaar gesels met Pierre Massyn
Dankie Gysie Pienaar vir al die onvergeetlike plesier wat jy my en duisende ander rugbyliefhebbers in Suid-Afrika en wêreldwyd besorg het.
N3 in KZN gesluit; vertragings verwag
“Al die noordelike en suidelike bane sal gesluit wees en daarom kan verkeersopeenhoping en vertragings tussen 08:00 en 10:00 verwag word.”
Noordwes-gesondheidshoof wéér geskors
Die hoof van die Noordwes- departement van gesondheid was skaars terug by die werk nadat daar beslis is hy mag terugkeer werk toe voordat hy wéér geskors is.
Vandag se sportnuus
Die Springbokspan wat môre om 19:20 teen Wallis speel, is bekend gemaak en in tennisnuus begin die eindstryd van die Davisbeker vandag in Frankryk tussen die spanne van Frankryk en België.
Interdik bekom om geweld by myne te verhoed
“Die veiligheid van ons werknemers is ons eerste prioriteit.”
‘Nuwe kabinet, selfde ANC’
“’n Nuwe hoofstuk kan nie gebou word op dieselfde leuenaars en Zupta-lojaliste wat gehelp het om Jacob Zuma in die regering en uit die tronk te hou nie.”
Brexit: ‘Dis ongenadig moeilik om die EU te verlaat’
Of ’n mens nou van die EU hou of nie, hy is ’n onverbiddelike feit van die lewe. Leopold Scholtz se voorspelling is dat die EU nie so maklik uitmekaar gaan val nie.
Gedagte vir die dag: Verkondig die hemel
God se koningsheerskappy gaan nou enige oomblik begin! (Matteus 3:2)