“Ons werk al baie lank baie intens in samewerking met Interpol daaraan om dié persoon op te spoor.”
Alles vir Maandag 26 November 2018
Resep: Feestelike jelliering
Hierdie jelliering is maklik om te maak en perfek vir Kersfees.
Vandag se sportnuus
Die vleuel van die Springbokke en die Leeus, Aphiwe Dyantyi, is gisteraand in Monaco as Wêreldrugby se nuwelingspeler van die jaar aangewys.
Groot prysverlaging vir brandstof is moontlik
Boere kan die wenners in volgende maande se brandstofprysverlagings wees, terwyl beide verbruikers- en produksie-inflasie kan krimp. Dit is die mening van twee van die land se voorste ekonome.
Boek: Trompie omnibus 7
In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit.
Groot terugslag vir Gidion: ‘Hy is nou in God se hande’
“Ek glo opreg hy is nie in sy liggaam nie. Dat God hom styf in sy skoot vashou terwyl sy liggaam óf herstel óf versleg.”
Minister verbied mediahuis glo by toespraak
“Om so gemuilband te word, is uiters kommerwekkend, veral aangesien daar volgende jaar ʼn verkiesing is.”
Strand gesluit oor haaigevaar
“Ons vra inwoners en besoekers om nie die gebied te besoek nie.”
DA eis terugvoer van SAPD oor klagte
“Suid-Afrikaners verdien om op die hoogte te bly [ten opsigte van die ondersoeke] en ook die deursigtigheid rakende die ondersoeke en die verwikkelinge.”
Die stil revolusie ook in SA op pad
Jy gaan hulle nie hoor nie omdat hulle so stil is, maar elektriese motors gaan ‘n revolusie in ons lewens en die wêreld se motorbedryf teweegbring.
Teen kommunisme was jy paraat maar wat van sekulêre humanisme?
Hoe moet ons antwoord wanneer ons nou moet hoor: “Ek en my menseregte! Ek is die bepaler van my eie lot!”
Gedagte vir die dag: Wêreldse ambisie
Dit sal goed gaan met elke mens wat na my luister. Hy wat my kry, kry die lewe self. Hy geniet die guns van die Here. (Spreuke 8:34-35)