Die ANC sê nou hy het ondersteuning vir sy mosie uit ander partye, waaronder die DA, gewerf en wil daarom hê die mosie moet deur ʼn geheime stemproses beslis word.
Alles vir Dinsdag 27 November 2018
’n Praktiese veldslag in ’n ideologiese oorlog
Hoewel ons al op ’n laat stadium in hierdie spesifieke oorlog is, en dit tans lyk of dinge nie besig is om in die guns van die regterkant uit te speel nie, is dit nie te laat nie. Daar is steeds tyd om by die linkses te leer, en beter boodskappe met onstuitbare sukses en momentum te laat vergestalt.
Vandag se sportnuus
Die Springbokke sluit 2018 in die vyfde plek op die wêreldranglys af en die laaste Formule Een-wedren van 2018, die Grand Prix van Abu Dhabi, is Sondag gejaag.
Eskom sê oor moontlikheid vir beurtkrag
Eskom het Maandag sy verwagting gedeel oor die moontlikheid dat beurtkrag dié week toegepas sal moet word, nadat betogers Maandag die pad versper het wat gebruik moet word om steenkool na die Hendrina-kragstasie te neem.
11 binne week in selfde woongebied vermoor
Sommige inwoners het van hul huise gevlug, terwyl ander sê hulle leef in vrees.
Implikasies van die middeltermynverkiesing in die VSA
In ʼn sekere sin het die uitslag wat die Republikeine en Trump se mag besnoei het, waarskynlik sy kanse op herkiesing in 2020 verhoog. Amerikaners hou van balans en is weens hul sterk demokratiese geskiedenis skepties teenoor ʼn konsentrasie van mag.
Gedagte vir die dag: Vertrou op God
Ek sal vas op Hom vertrou. (Hebreërs 2:13)