‘n Woordvoerder van die Tshwane-metropolisie het motoriste aangeraai om vandag die strate naby die hof te vermy omdat dit deur betogers versper sal wees.
Alles vir Woensdag 28 November 2018
Bekendstelling: Santa (Fe) net betyds vir Kersfees
Die ontwerp van die nuwe Santa Fe is voorwaar aantreklik, skryf Brendon Staniforth.
Video: Steenhuisen kap terug in akademiese storm
Die DA-hoofsweep, John Steenhuisen, het Dinsdag teruggeveg in die stryd oor sy beperkte akademiese kwalifikasies.
Kommer oor winskopies wat op skuld gekoop is
Volgens Roets sal alle aankope wat op skuld gekoop is, deur die rentekoersverhoging wat verlede week aangekondig is, geaffekteer word.
Orania-vroue gesels saam oor vooruitgang op vasteland
Afrika word deur talle minderheidsvolke bewoon en hierdie soort erkenning open die deur vir groter selfstandigheid én skakeling.
Boek: Saartjie omnibus 7
In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit.
Littekens op ons siel kan uitgewis word
Tog is daar sommige van die letsels wat ons dra – geestelik, emosioneel en selfs fisiek – wat ons aan ons eie sonde herinner. Letsels herinner ons dat sonde soms pyn en smart tot gevolg het. Genadiglik kan die sondelittekens in ons gees en siel uitgewis word.
Vandag se sportnuus
Suid-Afrika se vrouespan, Banyana Banyana, het gisteraand hul halfeindstryd van die Afrikabeker teen Mali met 2 – 0 gewen.
SA se topverkoper-sigaret is onwettig
Suid-Afrika het die eerste land ter wêreld geword om toe te laat dat ʼn onwettige sigarethandelsmerk ʼn topverkoper word.
Parktown Boys: Seuns het dwelms gebruik, wou selfmoord pleeg
“Dit het tot gevolg gehad dat ek die lewe haat.”
Twee gr. 7-leerders verdrink
“Die twee leerders se liggame is nog nie deur polisieduikers gevind nie.”
Bibi-saak plaas kollig op ekstremisme in Pakistan
Honderde aktiviste is die afgelope naweek oor die hele Pakistan heen in hegtenis geneem – in die soveelste reeks gewelddadige betogings deur Moslem-ekstremiste in dié land sedert ’n omstrede, onlangse uitspraak in die hooggeregshof van Pakistan.
Gedagte vir die dag: Groei
Die kos het hom genoeg krag gegee sodat hy 40 dae en 40 nagte lank tot by Horeb, die berg van God, kon loop. (1 Konings 19:8)