Hierdie week vier Podlitiek sy 25ste weeklikse episode met drie opwindende besprekingspunte, naamlik ons land se nuwe kabinet, die EFF se aanval op die media asook die aankondiging van ’n nuwe nasionale minimumloon.
Alles vir Donderdag 29 November 2018
Resep: Fyn en groen kraakslaai
“Fyn, fyn, fyn is die geheim”
Nuuskommentaar: Die waarde van korrekte geskiedenisvorming
Butana Komphela, die Vrystaatse LUR vir maatskaplike ontwikkeling, het pas in die provinsiale wetgewer na oudpres. MT Steyn as die “verwoester van menselewens” verwys. Dra Komphela, wat voorheen berugtheid vir sy kwetsende losbekkigheid verwerf het, hiermee enigsins by tot die ideale geskiedenisvorming van die land?
Omnia trek swaar in moeilike vervaardigingsektor
Die maatskappy Omnia, wat grootliks deur kwessies soos die gronddebat en die Mynbouhandves geraak word, het aangekondig dat hy vir die tussentydse periode tot September swaar getrek het.
Hofsaak oor grondonteiening begin vandag
Die saak begin om 10:00 en daar heers landwye belangstelling – ’n groot media-kontingent is reeds by die hooggeregshofgebou neffens die Wes-Kaapse wetgewer saamgetrek.
Pepkor presteer te midde van Steinhoff-saga
Die kleinhandelaar Pepkor het in die jaar tot September daarin geslaag om sy wins op te jaag en die spoke van sy beherende maatskappy Steinhoff, wat hom kniehalter, af te skud.
Boek: Bianca se briljante biblioteekdag
ʼn Snaakse en hartroerende prenteboek wat die moeilike tema van egskeiding en enkelouers op ʼn sensitiewe wyse aanraak.
Boek: Toe-Val-Lig
Die geliefde en gewilde Amore Bekker se keuse van die beste, soms ongelooflike ware stories van toeval soos uitgesaai op RSG se middagprogram Tjailatyd.
Staatskaping: ‘Zuma-era was waansin’
“Jy kon praat tot jy blou word in die gesig en hulle [die Zuma-faksie] sal net so vir jou kyk. In ʼn stadium raak jy moeg gepraat en bly jy maar net stil.”
Vandag se sportnuus
Die Proteas se Kagiso Rabada is weer die voorste bouler op die IKR se ranglys vir toetsboulers en in gholfnuus het die Mauritius Ope vanoggend by die Four Seasons Gholfklub naby Anahita begin.
Vlakfontein-moorde: ‘Dít is hoekom ek dit gedoen het’
“Hy het gesê ek moet hulle twee keer met die hamer slaan sodat hulle nie enige geluid sou maak nie.”
Ses vas ná moordtog
Die polisie het binne ʼn week op elf mense se liggame in die woongebied afgekom.
Gedagte vir die dag: Die doel van gebed
Julle sal na My roep en bid, en Ek sal na julle luister. As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind. (Jeremia 26:12-13)