Paul Willemse het vier jaar gelede een van die moeilikste besluite van sy rugbyloopbaan geneem, maar dit was na alle waarskynlikheid die regte een.
Alles vir Maandag 3 Desember 2018
Varsgebekkig: Weggenoot
Het jy al van ‘n “weggenoot” gehoor? Dit is die Varsgebekkig- uitdrukking van die week.
38 beseer toe bus, vragmotor bots
“Reddingswerkers moes gespesialiseerde toerusting gebruik om die man uit die wrak te sny.”
Nuwe NVG-hoof dán aangekondig
Dié aankondiging kom nadat 11 kandidate verlede maand deur ʼn uitmergelende onderhoudproses gesit is om die mees gepaste kandidate vir dié invloedryke pos te identifiseer.
‘Die Kontrak’ se Demi Lee slaan goud los
“Ek kan dit nie glo nie! Dit voel só onwerklik, al my drome word waar.”
Uitvoerkwota vir leeubeendere verminder
Nomvula Mokonyane, nuutaangestelde minister van omgewingsake, het die uitvoerkwota vir leeubeendere, wat vroeër die jaar meer as verdubbel is, weer verminder.
Talle vuurwapens by ‘transitorowers’ gevind
“Daar is vasgestel een van die verdagtes het glo in 2014 uit die Palm Ridge-landdroshof ontsnap nadat hy skuldig bevind is aan moord, gewapende roof met verswarende omstandighede en verkragting.”
Video: Wat jou kind vóór die matriekvakansie moet weet
Van Bergen raai ouers aan om met hul kinders ʼn gesprek aan te knoop oor hierdie aspekte voordat hulle met die matriekvakansie vertrek.
Die media is nie die enigste slagoffer van Malema nie
Uitsprake van Julius Malema ondermyn die demokrasie en speel in die hande van elemente, merendeels misdadig, met moontlike noodlottige gevolge.
Gelofte gevier met herdenking van hoeksteenlegging
Die Voortrekkermonument vier op 16 Desember vanjaar sy Geloftediens met die 80ste herdenking van die hoeksteenlegging.
Drie sterf op KwaZulu-Natalse paaie
Drie mense is in die afgelope 24 uur in twee verskillende motorongelukke in KwaZulu-Natal dood.
Dana Winner kom weer SA toe
“Suid-Afrika was deur al die jare so ’n belangrike deel van my loopbaan en persoonlike lewe. Julle het nog altyd ’n spesiale plek in my hart.”
Verjaardaguitstappie eindig tragies
Die vrou het Sondag saam met geliefdes by dié gewilde toeristebestemming vir haar verjaardag gaan stap.
Ondersoek na polisievrou wat verdagte glo help ontsnap
ʼn Polisievrou van Potchefstroom in Noordwes is in hegtenis geneem nadat sy na bewering ʼn vermeende reeksmisdadiger gehelp het om uit aanhouding te ontsnap.
Mense glo beroof tydens konsert by FNB-stadion
Mense het op sosiale media vertel die stadion het in ʼn “oorlogsone” verander met talle mense wat glo van hul waardevolle besittings beroof is, asook vroue wat daar naby vir vervoer gewag het wat glo geteister is.
Nuuskommentaar: As huisrooftogte moord word – Mita die heldin
Haar monument is die leserskommentare onderaan die berigte.
‘Eskom-man’ jaag glo oor beurtkrag
Die Ekurhuleni-metropolisiediens (EMPD) het vier motoriste, onder wie ʼn Eskom-werknemer, vir spoedoortredings in hegtenis geneem.
Resep: Kiwi-melklollies
Dié lollies is yskoud en perfek vir die somervakansie.
Vandag se sportnuus
Die eerste toernooi in die Wêreldreeks is die naweek in Dubai gespeel.
Boek: Bloed op die duine en ander verhale
Doc Immelman is alombekend vir sy avontuur- en jagverhale. Erns Grundling noem hom “Namibië se eie Hemingway”.