Die benoemings vir die 61ste jaarlikse Grammy-toekennings is Vrydag aangekondig.
Lees meerAlles vir Vrydag 7 Desember 2018
Nooddienste op bystand voor swaar reën
Ekurhuleni se nooddienste het inwoners gemaan om waaksaam te wees ná die Suid-Afrikaanse Weerdiens gesê het uiterste weerstoestande sal na verwagting die naweek oor die sentrale en oostelike gedeeltes van die land voorkom.
Angela Merkel se CDU-opvolger aangewys
Die Duitse kansellier Angela Merkel het Vrydag ʼn staande applous ontvang, wat nege minute lank geduur het, ná haar laaste toespraak as leier van Duitsland se Christen-Demokratiese Unie (CDU).
Eiffeltoring gesluit te midde van betogings
Die Eiffeltoring en die Louvre-museum in Parys, Frankryk, sal Saterdag gesluit wees terwyl Franse owerhede veiligheid verskerp om nóg geweld te verhoed ná drie weke se betogings teen die regering.
ANC lig sluier oor planne met grond
Die ANC sal nie ‘n duim toegee aan die EFF oor nasionalisering van grond nie en sal baie versigtig wees om nie ander lande se foute met grondhervorming en grondonteiening te maak nie, het die ANC-hoofsweep, Jackson Mthembu, vandag in die parlement belowe.
Meer as 100 vas oor betogings in Griekeland
Griekse owerhede het gesê meer as 100 persone is in aanhouding in verband met betogings in Athene en die noordelike stad Thessaloniki.
Gholf: Grofgeskut maak hul stem dik by SA Ope
Teen Sondagmiddag (as die weer saamspeel) behoort ons te weet of ʼn Suid-Afrikaner vanjaar die SA Ope se wennerskleed dra. Die prysgeld beloop R17.5 miljoen.
Kabinet aanvaar strenger reëls oor maatskappye in staatsbesit
Die tweeweeklikse kabinetsvergadering het verskeie belangwekkende besluite geneem oor huidige Suid-Afrikaanse beleidskwessies, van strenger reëls oor die aanstel van staatsbestuurde maatskappye se rade tot ‘n vermaning oor kiesersregistrasie.
Agt LP’s sal Grondwetwysiging saamstel
Die ANC-koukus het Vrydag gesê hy het agt van sy LP’s ontplooi om op ʼn ad hoc-komitee te dien wat ʼn konsepdokument vir die wysiging aan die Grondwet sal saamstel om uitdruklik grondonteiening sonder vergoeding toe te laat.
ToekomsVenster: Liefde werk met die woordjie potensiaal
Juis daarom moet ek daaroor nadink hoe ek ander kan help om te ontdek wie hulle is. Dit is wat liefde doen.
Nasionale minimumloon tree van 2019 in werking
Die nuwe nasionale minimumloon tree van 1 Januarie 2019 in werking.
Resultate ná jarelange stryd oor probleme in vakansieklubbedryf
Die aanbevelings van die paneel is hoofsaaklik daarop gemik om gebreke in die puntestelsel-vakansieklubbedryf reg te stel en verskeie aanbevelings is in dié verband gemaak.
LP’s wil vinnig SAUK-raad se vakante posisies vul
Die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie het Vrydag gesê hy sal sonder versuim al agt vakante posisies op die raad van die SAUK vul ná vier bedankings vandeesweek.
1,35 miljoen sterf jaarliks op paaie wêreldwyd
ʼn Nuwe verslag deur die Wêreldgesondheidorganisasie (WGO) dui daarop dat padsterftes steeds bly styg en minstens 1,35 miljoen persone sterf jaarliks op paaie wêreldwyd.
ANC besorg oor ‘onstabiliteit’ by SAUK
Die ANC het Vrydag gesê hy is besorg oor voortgesette onstabiliteit by die SAUK en het die regering gemaan om seker te maak dat alles na normaal kan terugkeer.
Toetsbeamptes vas oor korrupsie
Twee werknemers van ʼn privaat voertuigtoetssentrum in Limpopo is in hegtenis geneem in verband met beweerde korrupsie.
Die wêreld in foto’s – 7 Desember 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Burgersdorpse boer ‘nie veel beter’ ná aanval
“Hy het maar pyn in sy hande en arms waar hulle hom so styf vasgebind het dat die bloedsomloop afgesny is.”
Video: Vrou se onbeplande avontuur vir liefdadigheid
As dié video 200 000 keer gekyk word teen middernag, 31 Desember 2018, sal 100 behoeftige gesinne gehelp word.
Blitsbokke se fokus is om Dubai-foute uit te skakel
Die Blitsbokke sal hulle Saterdag nie daaraan steur dat die All Blacks drie spelers vanuit Nieu-Seeland moes invlieg nadat hulle verlede week beserings in Dubai opgedoen het nie.