Op die video, wat onlangs op sosiale media versprei is, kan gesien word hoe die woedende leerder ʼn onderwyser stamp, slaan en beledigings toesnou.
Alles vir Vrydag 7 Desember 2018
Vier kapers sterf tydens jaagtog
ʼn Poging deur die Audi-bestuurder om die EMPD-lid in ʼn VW Golf te verhoed om by hulle verby te gaan, het tot ʼn botsing gelei.
Minstens 150 wonings glo oor rusie verwoes
“Nooddienste is omstreeks 16:00 na die nedersetting ontbied en het tot 21:00 gespook om die vlamme in bedwang te bring.”
Benna Bok sê oor klagtes
Talle ongelukkig klante het hulle tot die media gewend omdat hulle ná maande nog nie hulle produkte van dié aanlyn winkel ontvang het nie.
90 000 wag op agterstallige bestuurslisensiekaarte
Dít volg nadat die departement van vervoer sedert Augustus vanjaar in ’n arbeidsgeskil betrokke is met werknemers wat gekontrakteer is om bestuurslisensiekaarte te vervaardig.
Resep-video: Vinnige vlaskywe
Hierdie vlaskywe is vrolik en word blitsvinnig in die mikrogolf gemaak.
Verbruikersake: Eerlikheid en versekering
Ina Opperman verduidelik waarom dit so belangrik is om eerlik te wees wanneer jy aansoek doen vir versekering.
LUR in die pad gesteek wat glo beeste steel
Die beeste van meer as R500 000 was glo eintlik bestem vir ʼn ontluikende boer op die LUR se tuisdorp, Delareyville.
Maatskappynuus: Kumba, Transnet, SAL en die regering se pensioenfonds
Die Anglo American-beheerde Kumba Iron Ore sê hy gaan laer volumes ystererts in die huidige boekjaar uitvoer. Dit volg nadat ’n brug op die Sishen-Saldana-spoorlyn naby Vredendal beskadig is.
Golden Globes: ‘A Star is Born’, ‘Vice’ gee pas aan
Lady Gaga en Bradley Cooper is albei genomineer vir ‘A Star is Born’.
Rassie se leenspelers laat Engeland se sukkel-klubs weer dink
Rassie Erasmus se grootskaalse “lenery” van oorsese spelers tydens die sogenaamde toetsgleuwe in Junie en November kan vir Suid-Afrikaanse rugby vorentoe goeie nuus wees.
BMW S 1000 XR: Die goue middeweg
As jy hou van toer, maar geen geduld het om by jou bestemming te kom nie, dan is die BMW S 1000 XR net die fiets vir jou!
Uitdrukking: Skoenmaker, hou jou by jou lees
Waar kom ons aan die uitdrukking “skoenmaker, hou jou by jou lees!”? Taaltoffie stel ondersoek in
Nuuskommentaar: Waarheen met ras en rassisme?
ANC-lede maak gereeld daarop aanspraak dat dit hulle is wat van apartheid ontslae geraak het, maar die harde werklikheid is dat die ANC dit in byna elke opsig teruggebring het.
Renosterkalfie sit vas in die swaai
Brandbestryders moes ʼn renosterkalfie bevry wat by ʼn dieretuin vir langer as ʼn uur in ʼn buitebandswaai vasgesit het.
Vandag se sportnuus
Die SA Ope-gholftoernooi het gister by die Randparkklub in Randburg begin.
Waenhuiskrans of Arniston?
Toe die Boere-pioniers die eerste keer Die Grot aanskou het, was hy vir hulle gróót – so groot dat hulle die plek terstond Holkranz genoem het; Holkranz het later Waenhuiskrans geword.
Swaar reën oor dele van SA verwag
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gesê uiterste weerstoestande sal na verwagting die naweek oor die sentrale en oostelike gedeeltes van die land voorkom.
Naka-aanval: SAPD se ondersoekmetodes bevraagteken
“Hulle het 45 minute geneem om te reageer nadat ons hulle van die voorval in kennis gestel het.”
Plastiekstaking: Lewensverlies en grootskaalse skade
‘n Man is vroeër die week in die hospitaal dood nadat petrol op hom uitgegooi en hy aan die brand gesteek is in Boksburg aan die Oos-Rand.