Dit was heelwat beter as verlede week in Dubai, maar nog ver van waar hulle wil wees, al die het die Blitsbokke Saterdagmiddag boaan groep A van die Wêreldrugby-sewesreeks se Kaapstadse toernooi geëindig.
Lees meerAlles vir Saterdag 8 Desember 2018
Probleme by kragaanlegte verhoog waarskynlikheid vir beurtkrag
ʼn Toename in meganiese foute Saterdag by Eskom se kragstasies verlaag die beskikbaarheid van voldoende kragopwekking en beurtkrag sal Sondag waarskynlik na fase 2 aangepas word.
Geen salarisverhogings vir dié hoës
Ramaphosa het alle vergoedings uiteengesit vir staatsamptenare vir die 2018/19- finansiële jaar.
Mej. Wêreld 2018 gekroon
Die nuwe Mej. Wêreld 2018 is Saterdag in Sanya, China gekroon.
België, Nederland verwag ook betogings
Die Franse Geelbaadjie-beweging is besig om grense oor te steek en betogings word ook vir België en Nederland beplan.
Vrou val na haar dood tydens musiekfees
Die polisie stel ondersoek in nadat ʼn vrou tydens ʼn musiekfees na haar dood geval het by die Mahikeng-stadion in Noordwes.
Ses dood, talle beseer in stormloop by nagklub
Ses persone is Saterdag in die vroeë oggendure dood en meer as 50 persone beseer tydens ʼn stormloop van paniekbevange konsertgangers by ʼn klub in Italië.
Man sterf toe groep hom oor Alexandra-brand aanval
ʼn Man is dood nadat ʼn groep inwoners hom aangeval het oor ʼn brand wat Donderdagmiddag tussen 150 en 200 sinkstrukture in die Alexandra- informele nedersetting naby Sandton in Johannesburg verwoes het.
Feestyd-doendinge: Markdag in Johannesburg
Maak dié feestyd ‘n draai by een van hierdie vyf Johannesburgse markte vir plaaslike, handgemaakte Kersfeesinkopies.
Feestyd-doendinge: Markdag in die Vrystaat
As jy in die Vrystaat woon en nie met vakansie gaan nie, is dit geen verskoning om met Jan Tuisbly se karretjie te ry nie. Maak ‘n draai by een van dié eg Vrystaatse markte vir al jou Kersinkopies.
Feestyd-doendinge: Markdag in Kaapstad
Kaapstad en omgewing spog met heerlike markte waar jy plaaslike entrepreneurs kan ondersteun én jou Kerskouse kan volmaak. Gaan maak ‘n draai by een van dié markte.
Feestyd-doendinge: Markte in die KwaZulu-Natalse Middellande
Toer jy dié vakansie deur die KwaZulu-Natalse Middellande? Moenie die geleentheid laat verbygaan om by een van hierdie unieke markte ‘n draai te maak vir jou Kersinkopies nie.
Kersfees-doendinge: Markdag in die Overberg
Maak die Kerskouse hierdie feestyd vol met handgemaakte produkte uit die Overberg se markte, waar jy enigiets van koeksisters, juwele, speelgoed en mooi lap tot biltong, tuisgemaakte konfyt, heuningkoeke en hope atmosfeer sal kry.
Terugvoer oor wetsontwerp oor haatspraak gevra
Die portefeuljekomitee oor justisie en korrektiewe dienste het belanghebbendes gevra om geskrewe voorleggings in te dien oor die Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade en Haatspraak.
Feestyd-doendinge: Markdag in Pretoria
Laai die familie wat hierdie Kersfees by jou kuier in die motor en gaan maak ‘n draai by die bekende Kamers/Makers-geskenkfees, Cowhouse Market of een van die ander lekker markte waar Pretorianers in die feestyd uithang.
Nóg ʼn Springbok-driekwart van 1965 sterf
Nóg ʼn Springbok-driekwart van 1965 het vier dae ná sy spanmaat Gertjie Brynard gesterf.
SA’ners maak ’n verskil vanuit Australië
Nagenoeg 700 Suid-Afrikaners wat nou in Australië woon, het in die luim van Kersfees hande gevat en ’n nostalgiese Kerskonsert ondersteun wat duisende rande vir Helpende Hand se #StopHonger-veldtog ingesamel het.
Beamptes by KZN-lisensiëringsdepartement vas oor bedrog
Vier beamptes van die Underberg-lisensiëringsdepartement in KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem op aanklag van bedrog, het die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) Vrydag gesê.
Oudrugbyspeler Barend Britz in Frankryk vermoor
Die voormalige slot vir Transvaal (Goue Leeus) en Noord-Transvaal (Blou Bulle) Barend Britz is dood ná hy Donderdagaand by sy kroeg in Perpignan, Frankryk, aangeval is.
Necsa-raad afgedank
Die minister van energie, Jeff Radebe, het Vrydag gesê die raad van die Kernenergiekorporasie van Suid-Afrika (Necsa) is afgedank.