ʼn Springbok het Saterdag 60 meter ver genael om ʼn uitmuntende drie in die jongste ronde van die reeks om die Europese Kampioenebeker te druk.
Lees meerAlles vir Sondag 9 Desember 2018
ANC se haas oor grondonteiening is ‘verkiesingstegniek’, sê DA
Die ANC se “kunsmatige kommernis” oor grondhervorming neem met elke verkiesingsiklus toe en die party gebruik grondonteiening nou as ʼn verkiesingstegniek, het die Demokratiese Alliansie Sondag gesê.
Vragmotorbestuurders sal op Ou Kaapseweg beboet word
Bestuurders van swaarvragmotors wat die verpligte laan vir dié voertuie teen Ou Kaapseweg in Kaapstad ignoreer, sal van Maandag vervolg word, het die Stad Kaapstad gewaarsku.
Gholf: SA’ners wys hul staal by SA Ope
Daar was 240 spelers wat meegeding het om te kwalifiseer vir die laaste twee rondes. Die prysgeld vir die toernooi het R17.5 miljoen beloop.
KPMG nou ʼn ‘ander maatskappy’, sê voorsitter
Wiseman Nkuhlu, voorsitter van die beleërde ouditeursfirma KPMG Suid-Afrika, het gesê die maatskappy het baie verander sedert sy reputasie beskadig is oor werk vir die voortvlugtige Gupta-familie, die SAID en VBS Mutual Bank.
Uitspraak oor rentekoerse op mikrolenings verwelkom
Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het die uitspraak van die hoogste hof van appèl verwelkom om die aansoek van die bedryfsliggaam Mikroleningsvereniging van Suid-Afrika (MFSA) wat regulasies oor die vermindering van korttermynlenings te daag, van die hand te wys.
Man verdwyn in see by Oos-Londen
ʼn Man word vermis nadat hy in ʼn sleurstroom by ʼn strand in Oos-Londen beland het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Sondag gesê.
Elektriese probleme lei tot wateronderbrekings in Gauteng
Inwoners in Gauteng kan moontlik hierdie naweek wateronderbrekings beleef weens elektriese probleme by ʼn Rand Water-pompstasie.
Motorfietsklub maak harte oop vir ‘Danville-tannies’
Die afgelope vier jaar het ’n groepie selfversorgende bejaarde vroue van Danville in die weste van Pretoria diep in die harte van ’n groep Christelike motorfietsryers ingekruip.
Eskom: Geen beurtkrag Sondag nie
Eskom het bevestig geen beurtkrag sal op 9 Desember geïmplementeer word nie.
Maatskaplike hulp is nie net vir die feestyd nie
Maatskaplike werkers se rol het verbreed en hul taak het soveel te meer onontbeerlik geword veral waar kinders ter sprake is.
Zimbabwe op National Geographic se ‘moet-sien’-lysie
KwaZulu-Natal in Suid-Afrika is in die 13de plek op dié ranglys.
Man in Nieu-Seeland aangekla van moord op rugsakreisiger
Die polisie in Nieu-Seeland, wat na die vermiste Britse rugsakreisiger Grace Millane op soek was, het Sondag op ʼn liggaam afgekom.
Minstens 135 beseer in Frankryk-betogings
Frankryk se minister van binnelandse sake het Saterdagaand gesê gewelddadige betogings in Parys is “onder beheer”, ondanks gespanne situasies wat in sekere dele voortduur.
Eskom is grootste enkele bedreiging vir SA se toekoms, sê Maimane
Eskom is van ʼn groot en mededingende kragreus verander in die grootste enkele bedreiging vir die land se toekoms, het DA-leier Mmusi Maimane Saterdag gesê.
Twee by matriekafskeid in Kaapstad doodgeskiet
Twee mans, onderskeidelik 34 en 41 jaar oud, is Vrydagaand by ʼn matriekafskeid in Philippi, Kaapstad, doodgeskiet.
Vrou kry glo koue skouer van polisie ná beweerde mishandeling
ʼn 33-jarige vrou van Johannesburg, wat glo ernstig deur haar kêrel aangerand is, beweer ʼn polisievrou het haar laat voel of sy die mishandeling verdien het en dat ʼn verskoning al is wat nodig is om die saak op te los.
Gedagte vir die dag: Ek weet iets van jou
Die heel belangrikste wat julle moet aantrek, is die liefde. Die liefde bind alles volmaak saam. (Kolossense 3:14)